advertisement
Question
Posted by: Wilmie | 2012/03/08

Duromine

Kan u my inlig waarom mens Duromine vir nie langer as 3 maande aaneen gebruik nie - ek was op ''n 4 maande kursus, eers vir 1 maand op die 15mg en daarna op die 30mg en ek het 10kg gewig verloor in 3 maande en die 4de maand het ek niks verloor nie (terwyl ek op duromine was) - in teen deel ek het weer gewig opgetel alhoewel ek nog steeds by die dieetplan hou en ook my oefenprogram streng volg. Wat stel u voor, moet ek Duromine vir ''n tydperk los en weer aangaan daarmee?
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Wilmie

Duromine word gewoonlik nie vir langer as 3 maande voorgeskryf nie, weens die nare newe-effekte, soos byvoorbeeld hoe bloeddruk, hartaanvalle en beroertes. Ek stel daarom nie voor dat jy hierdie produk vir langer as voorgeskryf gebruik nie.

Verminder eerder jou voedsel inname nog meer en doen vir ten minste 45 minute intense kardiovaskulere oefening, 6 dae per week.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement