advertisement
Question
Posted by: Betsie | 2011/01/27

DUROMINE

Hi Dietdoc
Is daar enige langtermyn gevolge van hierdie medikasie? Ek het so 10kg om te verloor, maar sukkel al 7 jaar met dit. Ek wil hierdie pille net vir ''''n maand gebruik, maar wil nie dubbel die gewig optel as ek dit los nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Betsie
Duromine bevat fentermien as aktiewe bestanddeel. Dit onderdruk die aptyt en kan ook newe-effekte soos pulmonale edeem, hallusinasies, ens, veroorsaak. Gewoonlik is enige newe-effekte omkeerbaar wanneer die medikasie gestaak word. Aangesien jy beplan om Duromine slegs vir een maand te gebruik, behoort dit nie 'n probleem te wees nie. Indien jy egter van enige newe-effekte bewus word, moet jy dit dadelik met die resepterende dr bespreek. Hoe jou liggaam sal reageer wanneer jy na een maand Duromine staak, is moeilik om te voorspel. Indien jy 'n uithongeringsdieet volg, en dan terugkeer tot 'n hoë-energie dieet, sal jy waarskynlik weer begin gewig optel. Dit is belangrik om steeds 'n lae-vet, gebalanseerde dieet te volg nadat jy gewig verloor het om te verhoed dat jy weer alles optel. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van so ‘n lae-vet dieet. Indien jy ook aanhou met oefeninge na staking van die Duromine, sal jy minder geneig wees om gewig op te tel. Daaglikse aërobiese oefening soos flink stap, fietsry, touspring, of swem vir ten minste 30 min per dag, sal baie help.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Betsie | 2011/01/28

Baie dankie vir die advies!

Reply to Betsie
Posted by: DietDoc | 2011/01/28

Beste Betsie
Duromine bevat fentermien as aktiewe bestanddeel. Dit onderdruk die aptyt en kan ook newe-effekte soos pulmonale edeem, hallusinasies, ens, veroorsaak. Gewoonlik is enige newe-effekte omkeerbaar wanneer die medikasie gestaak word. Aangesien jy beplan om Duromine slegs vir een maand te gebruik, behoort dit nie 'n probleem te wees nie. Indien jy egter van enige newe-effekte bewus word, moet jy dit dadelik met die resepterende dr bespreek. Hoe jou liggaam sal reageer wanneer jy na een maand Duromine staak, is moeilik om te voorspel. Indien jy 'n uithongeringsdieet volg, en dan terugkeer tot 'n hoë-energie dieet, sal jy waarskynlik weer begin gewig optel. Dit is belangrik om steeds 'n lae-vet, gebalanseerde dieet te volg nadat jy gewig verloor het om te verhoed dat jy weer alles optel. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van so ‘n lae-vet dieet. Indien jy ook aanhou met oefeninge na staking van die Duromine, sal jy minder geneig wees om gewig op te tel. Daaglikse aërobiese oefening soos flink stap, fietsry, touspring, of swem vir ten minste 30 min per dag, sal baie help.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.