advertisement
Question
Posted by: annie | 2008/10/16

Duitse Masels

Hallo, jamer oor die afrikaans!

Ek wil net graag uitvind, my sissie en haar man en 2 kinders het die naweek by ons kom kuier en ek het die seuntjie opgespeel en gesoen en so aan. Maandag aand het sy ons gebel en gesê  dat hy ' n uitslag het, sy het hom dinsdag doktor toe gevat en hy het toe duitse massels.

Nou wil ek net weet, wat is die kans dat ek dit dalk gaan kry/het, want my kop is seer, is bietjie koorsig neus loop en my oë  traan baie en is nou seererig! Ek kry oor die algemeen baie kopseer, so ek wil nou nie die dam onder die eend uitrik nie!

Enige hulp sal wardeer word! Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Annie
Wat se gejammer oor Afrikaans is dit met jou :-) - dis dan die mooiste taal!
As jy nie ingeent is teen Duitse masels nie, is dit dalk 'n moontlikheid dat jy aangesteek het - dit begin met griepsimptome, geswelde kliere agter in die nek, uitslag op die gesig wat dan na die bors en maag versprei. Jou dokter kan dit bevestig en kan ook bloed trek om te toets daarvoor.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement