advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/08/28

Duiseligheid

Hi daar, Doc.

Geen nuus van my kant af is goeie nuus :)

Ek dink dit gaan goed met my hart... ek is nou amper 5 maande post-op en die meeste skete en pyne is verby. Energie vlakke het al baie verbeter en hart klop 80% van die tyd normaal, ander kere nog maar hoppeti-hop.

Net die laaste paar weke sukkel ek kronies met hoofpyne en van gister af ' n bykomende erge duiseligheid en visie ' n bietjie dof. Nie vertigo nie, net sommer lekker dronk in die kop. My BP is gemiddeld 125/90 en ek gebruik geen medikasie van enige aard nie, net vitamines. Dieet goed. Ek het nie sinus of verkoue nie.

Ek kry nog met tye branderige pyne in bors (terwyl ek rustend is) en dit kan ek nie verklaar nie. Ek kry ook nie die hoofpyne gebreek met COMPRAL of PANADO nie.

Help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Probeer iets met 'n spierverslapper in soos Adcodol ( dis sterk so gaan jou waarskynlik slaperig maak) die duiseligheid en hoofpyn kan veroorsaak word deur spierspasma van die nekspiere. Ek is bly om te hoor dit gaan beter!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement