advertisement
Question
Posted by: Karina | 2009/10/28

Duiselig - ek dink my drank was gedokter

Hallo dokter

Kan jy asb vir my die volgende bevestig. Ek het gehoor dat as jy ' n paar oogdruppels in iemand se drank gooi, kan jy die persoon bedwelm. Nou wonder ek of dit nie verlede naweek met my gebeur het nie.

Ons was by ' n pub op vriende se plaas. Ek drink nie alkohol nie, net skoon coke, maar ek het saterdag aand gevoel of ek ' n bottel brandewyn uitgedrink het. ons was daar van 6uur en teen 10uur die aand het ek baie koud gekry en baie duiselig gevoel. Daar was een man wat baie lastig was en wou die heeltyd verskillende mengel drankies op my af forseer. Ek was later ongeskik met hom, en nou vermoed ek hy het dalk my koeldrank gedokter.

Die vriende by wie ons gekuier het, sê  hy het al gespog dat hy ' n girl kan kry en dit doen met gewone safur blue!

Is dit moontlik of werk dit net met drank? Kan ek bloedtoetse of iets laat doen om dit te bevestig, of hoe weet mens?

Dankie byvoorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Karina
Sommige oogdruppels bevat tetrahydrozoline wat lae bloeddruk, duiseligheid, en koma kan veroorsaak as dit in oormaat ingeneem word - ek dink nie 'n paar druppels sal iets doen nie, maar 'n hele botteltjie vol dalk. Ek dink nie jy sal dit nou meer in die bloed optel nie, maar dit klink regtig of jy dalk iets ingekry het. Ek hoop nie hy het jou uit die pub kon lok nie - dit wys jou net hoe laag sommige mense kan daal!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: naamloos | 2010/01/19

my boetie is n paar maande terug oorlede en ons vermoed dat hy oogdruppels ingegee is oor n lang tydperk dat sy meisie kon uitgaan in die aande kan so iets gebeur want al sy organe het gaan staan

Reply to naamloos
Posted by: CM | 2009/10/28

hi,

Oogdruppels het blykbaar die uitwerking dat dit jou dronk en onsamehangend maak (of te laat lyk of jy dronk en onsamehangend is). Ek dink egter die bestandeel word vinnig deur die liggaam uitgesky en sal dalk nie so lank na die voorval in die bloed opgetel word nie

Reply to CM
Posted by: Johan | 2009/10/28

Bloedtoetse behoort te wys.
Het jy op enige tyd gaan neus poeier? en jou coke alleen gelaat?
Dan kon hy maklik jou coke gedokter het!
Wees versigtig.

Reply to Johan
Posted by: cyberdoc | 2009/10/28

Hallo Karina
Sommige oogdruppels bevat tetrahydrozoline wat lae bloeddruk, duiseligheid, en koma kan veroorsaak as dit in oormaat ingeneem word - ek dink nie 'n paar druppels sal iets doen nie, maar 'n hele botteltjie vol dalk. Ek dink nie jy sal dit nou meer in die bloed optel nie, maar dit klink regtig of jy dalk iets ingekry het. Ek hoop nie hy het jou uit die pub kon lok nie - dit wys jou net hoe laag sommige mense kan daal!
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement