advertisement
Question
Posted by: Anon | 2010/01/12

Dronk gevoel

Hi Doc. Ek is jammer as ek in afrikaans skryf, maar is nie seker hoe om dit in engels te verduidelik nie. Ek kry so af en toe vir so week lank, ' n dronk gevoel in my kop. Wanneer ek in die bad gaan le, of om die bed le of net my kop agteroor hou, word ek dronk, alles draai, so erg dat ek amper naar word. Dis dieselfde gevoel soos wanneer jy jouself in die rondte draai, en dan eweskielik stil staan, en alles draai so om jou. Dit is nie duiselig nie. Dis ' n baie aaklige gevoel, en ek weet nie hoekom ek dit kry nie. Nie gereeld nie, net af en toe, maar dit bekommer my. Ek weet nie wat mens dit in engels noem nie, so ek kon nie daaroor gaan oplees het nie. Wil net graag weet wat dit moontlik kan wees asb.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anon
Watse ge"jammer" is dit vir Afrikaans - dis dan die mooiste taal!
Jy kan dalk vertigo kry van 'n probleem in jou binne oor se balans sentrum. As dit gereeld gebeur, sien 'n oor neus en keel spesialis sodat hulle net kan kyk dat daar niks ernstig fout is nie ( 95% van die kere is dit net die vloeistof druk in die oor wat dit veroorsaak en is dit nie gevaarlik nie) Mens kan medisyne voorkomend en as behandeling gebruik - soos Serc of Stugeron.
sien http://www.emedicinehealth.com/vertigo/article_em.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Christa | 2010/04/13

Hoekom gebeur dit dan dat sommige meisie aanhou menstrieer? My dogter het begin op gehou na 3 dae en toe weer begin na 3 dae

Reply to Christa
Posted by: Nicky | 2010/01/26

Ja, dit is waar. Ek het ook soms voel dronke en kop voel draai soms 2 of 3 keer draai weer reg. Ek dink, dit is koors of ore wat pyn. saam ek stem dr?

Nicky

Reply to Nicky
Posted by: Jakkie | 2010/01/13

Ek het presies wat jy beleef. Verskil ek sal nooit weer anti-depressante gebruik nie. Volgens kenners is dit ' n onderbewuste stress. Maar ja ek voel steeds soos ' n dronke.

Reply to Jakkie
Posted by: pp | 2010/01/12

Jy moet jou bloeddruk laat toets.Gewoonlik veroorsaak hoe of lae bloedruk die gevoel

Reply to pp
Posted by: cyberdoc | 2010/01/12

Hallo Anon
Watse ge"jammer" is dit vir Afrikaans - dis dan die mooiste taal!
Jy kan dalk vertigo kry van 'n probleem in jou binne oor se balans sentrum. As dit gereeld gebeur, sien 'n oor neus en keel spesialis sodat hulle net kan kyk dat daar niks ernstig fout is nie ( 95% van die kere is dit net die vloeistof druk in die oor wat dit veroorsaak en is dit nie gevaarlik nie) Mens kan medisyne voorkomend en as behandeling gebruik - soos Serc of Stugeron.
sien http://www.emedicinehealth.com/vertigo/article_em.htm
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement