advertisement
Question
Posted by: Alett van Zyl | 2013-02-05

DROë  MOND agv OORDOSIS KALSIUM GENEEM VIR 3 MAANDE

Help asseblief.....

Ek is raadop en was al by soveel dokters en was selfs al in die hospitaal vir toets vir Sjorgen''s Desease wat negatief was. Ek het ''n baie droë  mond en ''n baie seer tong as gevolg van ''n oordosis kalsium wat ek myself gedrink het onwetend vanaf Augustus 2012 tot November 2012 toe ek agterkom dat ek nie meer normaal kan praat as gevolg van my droë  mond nie en ook nie meer in die aand slaap nie.

Ek het dadelik self begin ondersoek instel nadat my huisdokter vir my gesê  het dat dit moet medisyne wees wat ek drink. Ek het alles ge-analiseer en toe met skok agtergekom dat ek elke dag 3000mg kalsium ingekry het in Augustus, September en November in Oktober het ek gelukkig uitgehardloop uit die een produk. Ek het vir baie jare 500mg x2 gebruik wat my dokter vir my aanbeveel het na my historektomie en dan het ek ook Centrum vir persone bo 50 gedrink al vir jare. Ek is 55.

Ek het toe in die begin Augustus in die Health shop ingegaan om Vitamines te koop vir my gestremde seun en die persoon het toe aanbeveel dat ek liewer ''n beter Multi vitamine moet gebruik.. Ek het nagelaat om die label te lees en nooit gesien dat dit gevat 1000mg kalsium nie. Ek het een in die oggend en een in die aand geneem dus is dit al klaar 2000mg en dan ook nog die ander kalsium wat 1000mg is.

Ek kon nie verstaan hoekom my mond so versriklik droog is nie en ook my tong so opgeswel en seer is nie. Die dokters kon nie uitvind wat met my verkeerd is nie, tot ek hul vertel wat ek myself uitgevind het nie. Nou sit ek met die groot gemors. My mond bly nog steeds net so droog, my tong is bietjie beter maar ek kan nie leef met die droë  mond nie en ek bekommer my dood oor my niere en die ander skade in my liggaam.

Help my asseblief want ek weet nie meer waarnatoe om te gaan nie. Die dokters is glad nie behulpsaam nie en sê  net hulle weet nie wat om vir my te doen nie. ASSEBLIEF!!!!

Alett van Zyl

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Alett
Ek is baie jammer om te verneem van hierdie probleem wat deur toevallige oormatige inname van kalsium veroorsaak is. Dit is ongelukkig 'n fout wat met mens kan gebeur wanneer jy meer as een supplement gelyktydig inneem. Die enigste raad wat ek kan voorstel is dat jy 'n internis moet konsulteer om te verneem of jy nie dalk behandeling kan ontvang om die oormatige kalsium in jou liggaam te verlaag. Ek het al verneem dat die gebruik van EDTA kan help. Die chemiese verbinding EDTA is in staat om met die swaar metale te bind en word glo ook suksesvol gebruik vir kalsium. In die tussentyd moet jy asb meer water drink om jou niere te help om van die kalsium uit te skei, wat hopelik jou droë mond effens sal verbeter. Dit is belangrik dat jy nie self probeer om hierdie chelaatvorming-terapie toe te pas nie. Laat die internis dit asb vir jou doen.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Karin | 2013-11-11

Hi Alet Ek het 12 Maart siek geword (verkoue) en is na my GP toe. Hy het antibiotika voorgeskryf (5 dae) waarna my mond oortrek was met sere. Ek is wel alergies vir Penisillien en moes ek verneem dat die antibiotika wat hy voorgeskryf het, blykbaar ook nie vir my werk nie. Vandaar het ek 'n 24/7 prikkelende gevoel in my mond/tong/wange/rondom oe. My hande voel soos naalde en spelde. Ek is tandarts toe - gedink dalk is dit iets met my tande te doen. Kop/Gesig/Mond spesialis toe - gedink dit het iets met mondsenuwees te doen. Psigiater toe - gedink dis dalk newe-effekte van anti-depressante. Homeopaat toe - daar gaan aanklop vir hulp/raad. Daarna na 'n Internis. Opgeneem in die Hosp vir toetse - verhoogde kalsuimvlakke Kerngeneeskundiges stel vas daar is 'n paratiroide adenoom. Chirurg toe - wie voorstel ons verwyder die klier, maar my simptome pas nie by die van verhoogde kalsiumvlakke nie. Wel, so stry ek voort, sonder uitsluitsel wat die simptome veroorsaak. Ek het tentatief 'n operasiedatum vasgemaak (5 Des), maar hoop intussen dat daar iemand sal wees wat my storie lees en dalk kan raad gee. My liggaam skei definitief 'n tipe van stof af, want my toilet se bank is gevlek (ligte pers) - so ook my beddegoed. Enigiemand met raad, asb gesels met my.

Reply to Karin

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement