advertisement
Question
Posted by: cat | 2013/01/13

Drankmisbruik

Ek is getroud met ''n man wat ''n alkolis is. Vir 8 jaar het ek alles moontlik gedoen om hom te help. Ek het verskeie sielkundiges gesien,doktors ect. Ek is gedaan en wil selfmoord pleeg. Ek kan nie meer met dit saamleef nie. Ek het hom verskeie kere gesmeek vir ''n egskeiding,maar hy weier. Hy abuse my emosioneel en belowe elke keer om op te hou drink.Ek werk ongelukkig nie en het al probeer ''n werk kry sodat ek my eie inkomste kan verdien sodat ek kan uittrek. My man is welgesteld en baie bekend in ons stad. Ek steek alles weg want ek wil nie he mense moet iets agterkom nie want dan kan hy belangrike kliente verloor. Enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

One of the major problems with an alcoholic is that you can never do it for him - nomatter how hard you try to help, its really ultimately only HIS sincere efforts that count. His problems are HIS responsibility, not yours
IF you want a divorce, in this situation you could surely have one - its not up to him to decide whether or not you can. but the court. Get proper legal advice. Keep looking for a job for yourself, and explore whether you could stay withfriends or family until you find a job and can support yourself.
If he happens to lose clients he has so far successfully fooled into thinking he's the sort of good man he isn't, that's his fault and his problem, not yours. Get proper help for yourself - you deserve it and wil make good use of it.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Wian | 2014/08/31

Die Here sien als en het 'n plan met jou al dink jy dit is te moeilik en hys nie meer daar nie hy is tel jou Bybel op en lees laat die biesies bewe jy sal jou antwoorde kry by Hom. Mag die Here jou lief he en ek WEET hy gaan jou uit die gemors kry, weet net weereens dis nie jou skuld nie en selfmoord is nie die oplossing nie <3

Reply to Wian
Posted by: JOAN | 2013/01/31

VROU EK WEET WAARDEER JY GAAN, WEL MY MAN DRINK DAG EN NAG, GELUKKIG IS DAAR NIE KINDERS NIE, MAAR EK SUKKEL OM BLYPLEK TE KRY WANT DIT IS SKAARS EN BAIE DUUR HIER IN ONS DORPIE. EK BID VIR JOU WANT EKS MOEG. EK WORD GEVLOEK GESLAAN IS HOEVEEL KEER AL WEGGEJAAG. STERKTE MAATJIE, DAAR IS NOG MENSE SOOS JY EN VERGEET VAN SELFMOORD HY IS DIT NIE WERD NIE

Reply to JOAN
Posted by: cat | 2013/01/21

Dankie vir die terugvoering. Ek is bewus daarvan dat ek hulp vir myself ook moet kry. Ek doen dit ook en probeer so ver as moontlik alles so normaal as moontlik in die huishouding hou. Ek het twee pragtige seuns van 12 en 9,maar ek besef ook dat ons huislike omstandighede ook hulle negatief raak. Ongelukkig het ek nie vriende nie en ook nie familie nie(almal oorlede ''n paar jaar gelede in ''n ongeluk)
Jy vra hoe my man dit doen...ek weet nie....het nog nooit iemand in my lewe gesien wat 17h00 in die aande begin drink,teen 00h00 so dronk is,twee ure slaap en dan 6h00 opstaan en werk toe gaan nie. Dit het al gebeur dat hy dronk werk toe gegaan het in die oggend,maar hy is sy eie baas en werk sy eie ure. ...so daar is dae wat hy tuis bly. Wel ek het net besef dat dit nie meer vir my werk nie.Hy was eenmaal by ''n sielkundige en het daarna gespog dat hy almal kan manupileer en hulle net vertel wat hulle wil hoor. Ek glo selfs somtyds ek is die een met die probleem en dat ek dit alles verdien,maar ek weet dit is nie so ni.Ek het sy familie probeer betrek omdat ek nie meer geweet het wat om te doen nie,maar hulle het my letterlik soos ''n sleg ding by hulle huis weggejaag aangesien ek glo daarop uit is om hulle familie naam deur die modder te sleep en ek was geforseer deur my man om hulle omverskoning te gaan vra. Ek weet ek op my laaste. Ek is baie emosineel,huil baie en is ''n emosionele eter en het al soveel gewig aangesit wat ek nou eers weer moet probeer afskud. Ek kan ongelukkig ook nie regsadvies inwin nie,want ek kannie die fooie bekostig nie. Hy gee my geen toelaag nie en koop alles vir die huis self.Hulle se altyd daar is ''n plan B of C,maar in hierdie geval staan ek met my rug teen die muur. Daar sal ''n wonderwerk moet gebeur voordat ek uit hierdie situasie kan ontsnap.

Reply to cat
Posted by: Chris758 | 2013/01/14

Hi Cat.

Mens dis ''n moeilike een as jy totaal afhanklik is van jou man. Jy sê  nie of daar kinders is nie en dat jy verskeie sielkundiges al gesien het. Selfmoord is nie die antwoord nie, dis nooit die antwoord nie!!!!

jJy moet hom by AA laat uitkom of by ''n psigiater. Dit help nie jy gaan nie, hy moet gaan om hulp te kry!! Om jou deur die hel te sit van die heeltyd drink, is nie regverdig teenoor jou nie.

Jy noem dat jou man welgesteld is maar hoe doen hy sy werk so goed as hy so baie drink.....''n alkolis drink elke dag deur die dag!!!!

Hy moet hulp kry en jy moet sterk wees al is dit hoe taai, maar vergeet van die selfmoord gedagte asseblief!!

Sterkte!

Reply to Chris758

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement