advertisement
Question
Posted by: Dalene | 2010/03/03

Drank

Vir 11 jaar het ek nou al die wonderlikste man aan my sy. Hy drink net met geleentheid maar het ''n probleem - hy weet nie wanneer om op te hou nie - dan verander sy hele persoonlikheid. Ek is deesdae te bang om vir vriende te gaan kuier of om na ander kuierplekke (ons dans gereeld) te gaan want hy weet nie wanneer hy genoeg te drinke gehad het nie. Dan is hy erg verby (weet altyd beter, is die beste, die aantreklikste en wil alles sy " way"  hê ) Is daar iets wat ek hom kan gee (bv in sy drank sit sodat hy die drank kan los). Hy sal niks drink as hy weet waarvoor dit is nie. Ek het gehoor Baclofen help vir dit, maar het gaan oplees en dit lyk nie naastenby reg nie. Kan iemand help want hy dink nie hy het ''n probleem nie. Wil nie toesien hoe hy al ons vriende wegdryf nie, of langer ''n gek van hom of my maak nie. Kan hom tog nie net los nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Hi Dalene

Die grootste probleem is dat iemand met 'n probloom dit gewoonlik die wil erken nie. En ongelukkig is erkenning die belangrikste stap tot verbetering.

Baclofen word meer gebruik om cravings te verminder, alhoewel die gebruik hiervan maar skepties ontvang word in die mediese wereld omdat resultate nie altyd eenvormig is nie.

Middels soos Antabuse wat naarheid en ander nare simptome veroorsaak as iemand alkohol gebruik is slegs op voorskrif beskikbaar, en dis onwettig om jou man hiermee te "dokter" sonder sy medewete.

Alles van die beste.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: pharmacist | 2010/03/04

Hi Dalene

Die grootste probleem is dat iemand met 'n probloom dit gewoonlik die wil erken nie. En ongelukkig is erkenning die belangrikste stap tot verbetering.

Baclofen word meer gebruik om cravings te verminder, alhoewel die gebruik hiervan maar skepties ontvang word in die mediese wereld omdat resultate nie altyd eenvormig is nie.

Middels soos Antabuse wat naarheid en ander nare simptome veroorsaak as iemand alkohol gebruik is slegs op voorskrif beskikbaar, en dis onwettig om jou man hiermee te "dokter" sonder sy medewete.

Alles van die beste.

Reply to pharmacist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement