advertisement
Question
Posted by: dvt | 2010/11/17

dra van druk-kouse

Beste dokter,

Ek is drie maande gelede opgeneem met dvt, is op die oomblik op warfarin-terapie. Sal vroeg in die nuwe jaar weer my sjirurg besoek vir opvolg ondersoek. Ek wonder net hoe lank die druk-kouse gedra moet word. Ek het die nou pal gedra vir 3 maande, dag en nag. Nou is ek darem vrekmoeg daarvoor, en my voet bo-op kry n uitslag agv die irritasie van die kous. Dink dok dit sal probleme veroorsaak? My bloed se PI (RN???) is mooi in bedwang met gereelde toetsing en die warfarin terapie.

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo DVT
My innige simpatie, dit is goeie goed om te gebruik maar darem so warm in die somer!
As jy redelik aktief is, en jou been glad nie swel as jy die kous nie dra nie, kan jy begin om dit te dra as jy weet jy gaan baie loop, lank staan, of ver ry of vlieg.
As jou bene egter nog steeds swel sonder die kouse moet jy maar vasbyt (ongelukkig kan dit tot 2 jaar neem). Jy kan al sonder dit slaap en dan eers aantrek as jy opstaan soggens. Die ding is, dit voorkom post DVT sindroom (swaar, seer en geswelde bene as gevolg van skade aan die limf) en post DVT ulcusse - wat baie moeilik is om gesond te kry.
Maak net seker dat jou kous nie te styf sit nie.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/17

Hallo DVT
My innige simpatie, dit is goeie goed om te gebruik maar darem so warm in die somer!
As jy redelik aktief is, en jou been glad nie swel as jy die kous nie dra nie, kan jy begin om dit te dra as jy weet jy gaan baie loop, lank staan, of ver ry of vlieg.
As jou bene egter nog steeds swel sonder die kouse moet jy maar vasbyt (ongelukkig kan dit tot 2 jaar neem). Jy kan al sonder dit slaap en dan eers aantrek as jy opstaan soggens. Die ding is, dit voorkom post DVT sindroom (swaar, seer en geswelde bene as gevolg van skade aan die limf) en post DVT ulcusse - wat baie moeilik is om gesond te kry.
Maak net seker dat jou kous nie te styf sit nie.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement