advertisement
Question
Posted by: Dottie | 2009/04/01

DR COHEN EN PORSIE GROOTES

Het nou al heelwat van ander mense gehoor en gelees oor die Dr Cohen dieet, en ek het ' n basiese idee van waaroor dit gaan. Geld is ongelukkig ' n baie groot probleem en ek kan beslis nie die R1600.00 betaal wat gevra word nie. As iemand net vir my kan se hoe groot sy porsies groente en proteien is vir elke maaltyd, sal ek kan probeer om self ' n basiese dieet volgens dit te volg.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Dottie
Ek sal gelukkiger voel as jy liewer 'n gebalanseerde dieet sal volg. Kliek op 'Diet' en 'Weightloss' en 'Balanced diet' en probeer een van die voorgestelde diëte wat jy daar sal vind. Dit sal jou niks kos nie, en is veiliger as om so 'n hoë-proteïen en hoë-vet-dieet te gebruik. Kombineer die gebalanseerde verslankingsdieet met daaglikse oefening en jy sal gewig verloor sonder groot uitgawes en op 'n gesonde manier.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

10
Our users say:
Posted by: JC | 2009/07/18

Hi Magda, wanneer mens die Cohen dieet volg bring dit jou hormone in belans. Die resultaat: jou ' cravings'  gaan weg en jy voel wonderlik! Party mense dink die eerste 3 dae is die moeilikste, maar daarna voel dit nie eers asof jy op ' n dieet is nie. Die kos is gewone kos wat enige plek beskikbaar is. Ja dit is duur, maar dis absoluut die geld en die moeite werd! Ek het 12kg in 8 weke verloor - NIKS anders werk so goed nie... Die beste is al die komplimente EN die nuwe klere! Ek hoop my antwoord help jou besluit! -J.C. .....PS: 2 liter water is regtig nie so baie nie

Reply to JC
Posted by: magda | 2009/07/15

hi, is daar enige iemand wat suksesvol al was op hierdie diete. word jy regtig nie honger of het enige cravings nie. Sluit dit kosse en groete in wat maklik bekombaar is en hoe drink jy 2 liter water in die winter? Ek beplan om aan te sluit, maar die kostes is hoog veral as die bloedtoetse ook bykom.

Reply to magda
Posted by: jane | 2009/07/03

hi, anyone on the dr cohen diet and want to compare notes?

Reply to jane
Posted by: MARY | 2009/06/17

Dottie, dit help nie ek gee vir jou my porsiegroottes nie, want elke persoon s' n word uitgewerk volgens bloedtoetse. So wat vir my werk, gaan op die langtermyn nie vir jou werk nie, dit kan selfs nadelig wees vir jou.

Reply to MARY
Posted by: Anonymous | 2009/06/09

please can you let me know where my nearest consultant in
roodepoort is
THANK YOU SAMANTHA

Reply to Anonymous
Posted by: DOTTIE | 2009/04/02

Dankie aan almal se antwoorde. Annelie, my idee was nie om ander mense se diete te"  steel"  nie. Ek wou slegs ' n basiese idee gehad het van waaroor die dieet gaan. Dan sou ek myself geleidelik gewoond gemaak het aan minder stysel, suiker, melk, ens voordat ek op 29 April 2009 die konsultant in Roodepoort gaan sien het. Dit sou dan nie so ' n groot skok vir die gestel gewees het om dadelik met ' n te rigiede program te begin nie. Dietdoc, ek het al jou dieet probeer, maar dit vat ongeveer 2 maande om 1,5 kg te verloor. Sal maar aanhou. Twyfel in elk geval of ek regtig op die Dr Cohen dieet sal kan gaan, aangesien ek ook nie glo dat sekere groente en vrugte en stysel heeltemal uitgesny moet word nie.

Reply to DOTTIE
Posted by: Anneli | 2009/04/02

DEE jy is heeltemal verkeerd as jy sê  groente en vrugte is onbeperk. Dit is nie die geval nie. Sekere groente word uitgeskakel sowel as seker vrugte is taboe. Die 100g protein is ook nie op almal van toepassing nie, sommige erg oorgewig mens en mans kry meer proteine

Reply to Anneli
Posted by: JHH | 2009/04/02

Dottie, Ek het van FINESSE ' n 21dag wonder dieet plan afgelaai.
Is maar soos ander dieet planne.
Min kos! Ek is ' n man.
Min kos is al oplossing! Ek kan nie. Het nou besluit ek is 60 en daar is min tot geen salf aan my te smeer nie!
Ek sal vet doodgaan, so ek geniet my rooi wyn saans en basta met die res. Dit is nou soos dit is!
Bye

Reply to JHH
Posted by: Dee | 2009/04/02

100g Protien, groente en vrugte amper onbeperk is okay.

Reply to Dee
Posted by: Anneli | 2009/04/01

Voel jy dat dit regverdig is dat ander mense hul hard verdiende geld moet betaal om die dieet te kry en dit dan net so aan ander mense te gee. Dit help buitendien nie jy kry porsiegroottes nie, want Dr Cohen trek bloed en dan daarvolgens werk hy jou dieet en behoeftes tov porsiegroottes uit. Spaar die geld of sluit eerder aan by Weigh Less of Weight Watchers en doen dit dan so, maar ek voel om ander mense te vra vir diete ens, is onregverdig. Almal kry swaar en sommige mense spaar om Dr Cohen te kan doen

Reply to Anneli

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement