advertisement
Question
Posted by: landi | 2009/06/16

dr cohen

hi doc, hierdie was my vraag. baie dankie
kan u asb vir my se of hierdie dieet van Emma van sewende laan gesond is - sy het 15kg in twee maande verloor op Dr Cohen'  s 1st personal diet. Hulle toets jou lewer en nier funksie asook fasting glucose . So lyk '  n dag in haar dieet plan.

N DAG IN BERTHA SE EETPLAN
Sy kan daagliks haar eie spyskaart saamstel. Met elke ete mag sy proteï  ene en groente van ’  n sekere massa eet. Sy mag ook daagliks 5 Crackerbread-beskuitjies en 2 vrugte eet, asook dieetkoeldrank en koffie en tee (sonder melk en suiker, maar met versoeter) drink. En genoeg water.

* Oggend
’  n Gebakte eier met spinasieblare of sampioene en
1 Crackerbread-beskuitjie.
Koffie of tee.


* Peuselhappie
Wanneer Bertha lus is vir iets soets, strooi sy versoeter en kaneel op ’  n Crackerbread-beskuitjie
en eet dit saam met ’  n vrug.

my BMI is 31 - ek is 38 jaar.
baie dankie

* Middag
’  n Blikkie tuna met ’  n halwe tamatie, murgpampoentjies, sampioene, komkommer en balsemasyn.

* Peuselhappie
’  n Vrug met Crackerbread-beskuitjies.

* Aand
Roerbraai met hoender of rooivleis (sonder die vet) en groente.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Landi
Dankie dat jy weer die vraag gepos het. Soos jy hierdie dieet beskryf, lyk dit vir my heel aanvaarbaar aangesien dit nie net uit proteïene bestaan nie. Wees net versigtig met elke dag 'n eier eet want dit kan jou bloedcholesterolvlakke verhoog. Die SA Hartstigting beveel aan dat mens net 4 eiers per week behoort te eet. Op die ander 3 dae kan jy vetvrye maaskaas of 'n klein porsie gerookte skelvis (“Haddock”) eet as plaasvervangers vir die eier.
Soos jy begin gewig verloor en meer mobiel word, kan jy ook begin om elke dag ten minste 30 min te oefen (bv. flink stap of touspring, swem of fietsry) want hierdie soort oefening help met verslanking.
Sterkte met die dieet
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement