advertisement
Question
Posted by: Cee | 2008/12/08

Dr Bets

Dok, ek het my huisdokter gebel want hierdie brand het net weer teruggekom. Hy het gese dat ek vanaand die Premarin moet aansmeer en as dit more oggend nie beter is nie, moet ek hom bel en dan faks hy vir my ' n voorskrif vir Candida (Seker WEER Sporonox). Hy se dit is moontlik om dit effens te kry voor maandstonde.

Hier gaan ek alweer met die op en af karretjie. Hoekom kan niemand fout kry nie? Is ek die enigste mens wat so sukkel met lastige brand wat net nie wil weggaan nie? Ek kannie glo dat Dok so baie geduld het met my nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cee
Het jy 'n wit afskeiding? ( dit lyk soos maaskaas - dit is tekens van candida) Het jy al 'n fisioterapeut gesien vir 'n evaluasie om te kyk of 'n senuwee nie knyp nie?
Dr Betsd

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anon 1 | 2008/12/09

Wat as daar wit afskeiding is soos beskryf? Hoe bahandel mens dit dan?

Reply to Anon 1
Posted by: Anon | 2008/12/08

Daar is niks fout met jou nie. Ek het dieselfde gehad! Presies so week of wat voor my menstruasie het ek vir MAANDE brand en jeuk gehad. Ek was naderhand van my kop af van frustrasie want my huisdokter kry nie fout nie en ek bly dit kry. AL wat gehelp het was om vir 3 tot 4 maande Sporanox te drink (ja, dit het my amper R1000 gekos, maar dit het gewerk). Van dag 1 af drink jy soos dokter dit gewoonlik voorskryf, daarna weer na 2 weke 1 tablet vir 3 dae, skip weer 2 weke, 1 tablet vir 2 dae, dan elke maand voor my menstruasie so week of paar dae voor die tyd weer ' n paartjies tot dit op is. Dit het gewerk soos ' n bom! Ek het dit nog nooit weer so erg gekry dat ek van my kop af wou gaan nie!

Jy kan dalk ook kyk daarna om probiflora as aanvulling in jou dieet in te sluit ter voorkoming!

Sterkte!

Reply to Anon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement