advertisement
Question
Posted by: Uiltjie..ogies! | 2008/06/30

Donker onder ogies..

Soek raad vir my uil ogies..dit is nie pofferig nie, ek weet die deel van die gesig is die vel maar dun..dit is net soms meer pers-blou-swart van kleur..ek is 38 jaar oud en het nog nooit onderlaag gebruik nie..nou lyk dit vir my aardig as dit so word. WEET ek het nie baie yster in my bloed nie want die druppel sak nie as ek wil bloedskenk nie..drink nou Vital se Yster..
Vat dit 'n ruk voordat dit sal help?
Ek spuit ook elke week 2ml Vit B kompleks en Vit B 12 in sal dit ook help vir die yster? Doen dit omdat daar vermoed word dat my liggaam nie die vitamine uit voedsel kan inneem nie..(lang storie)
Kry ook nie meer hartkloppings vandat ek inspuit nie en my rinitus is ook minder..
Is dit net YSTER TEKORT wat die kringe kan veroorsaak..ek weet as ek min slaap raak dit makliker so..slaap gemiddeld so 4 na 5 ure per nag in die week en naweke bietjie meer..
Dankie..
Uiltjie..ogies.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Uiltjie..ogies
Kringe onder die oë word baie keer veroorsaak deur onderliggende allergiee of hooikoors. Die blou kleur is agv stuwing van die bloedvate wat deurskyn deur die dun vel wat onder die oë is. Probeer "All about eyes" van Clinique en as jy simptome het van allergie, probeer Loratidine 1 saans.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement