advertisement
Question
Posted by: bietjie dom | 2010/09/21

dokters-etiket

Beste dokter,
My suster en haar man het op 27 Aug hier by ons aangekom vanaf Welkom vir n 2 weke kuier. Maandag, 30ste Aug, het my swaer n hartaanval gehad. By die ongevalle van een v d Moot-area se hospitale, het hulle dadelik noodbehandeling gedoen. Daar het hulle aan ons gese daar is n fout met die hart, maar hy is in septiese skok, agv n galblaasontstekening. Sy het ook vir ons op die sonars gewys waar die steen sit. Hy is opgeneem in ICU met B/d van 98/42. Op die tweede dag nadat nog toetse gedoen is, het die internis gese dat dit n massiewe hartaanval was Hy is van daar af behandel vir die hart, maar het wel pynpille ens gekry vir die galblaas.
Hy was in ICU tot 9 Sep, en in gewone saal tot 13de. Die 14de is hy oor na Pta Harthospital, waar twee angiogramme gedoen is. Donderdag, 16de, is hy ontslaan en terug hier by ons by die huis.
Gedurende sy verblyf in eerste hospitaal, is verskeie toetse en sonars en x-strale gedoen, waarvan ons maar baie min terugvoering gekry het, aangesien die internis n vreeslike besig man is. Ons het wel gehoor dat daar ook n probleem is met die bloedtoevoer na die bene. Die internis het gese hy is nie bekommerd oor die galblaas nie.
Nou het ons 2 vrae:
1) Aangesien hierdie Vrydag n vakansiedag is, het ons gewonder of ons hom sal kan terugneem Welkom toe, of is dit gou.
2) Wat is die protokol tussen mediese praktisyns ivm die diagnoses, toetse en medikasie wat hier aan hom gegee is. Hy sal natuurlik voortaan weer deur sy eie huisdokter en internis gesien word...moet ons hier aanvra vir al die verslae, of hoe werk dit?
Dankie vir die geduld met my lang brief!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo N
Dit is glad nie 'n dom vraag nie, inteendeel dit is baie belangrik dat julle die internis vra om 'n opsommings verslag te gee van wat alles gedoen is, en wat se medikasie nou voorgeskryf is. Vra ook vir hom of julle vir sy huisdokter afskrifte van die bloedtoetse en sonar en x/straal verslae kan kry. Die beste is om vir die internis te vra of hy dink sy toestand is van so aard dat hy terug vervoer kan word Welkom toe, en indien wel, of hy dalk 'n disprin of antistol middel moet gebruik vir die lang sit in die kar. Terug in Welkom moet julle die dokter wat hom hier behandel het se kontak details vir sy dokter/internis gee.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/21

Hallo N
Dit is glad nie 'n dom vraag nie, inteendeel dit is baie belangrik dat julle die internis vra om 'n opsommings verslag te gee van wat alles gedoen is, en wat se medikasie nou voorgeskryf is. Vra ook vir hom of julle vir sy huisdokter afskrifte van die bloedtoetse en sonar en x/straal verslae kan kry. Die beste is om vir die internis te vra of hy dink sy toestand is van so aard dat hy terug vervoer kan word Welkom toe, en indien wel, of hy dalk 'n disprin of antistol middel moet gebruik vir die lang sit in die kar. Terug in Welkom moet julle die dokter wat hom hier behandel het se kontak details vir sy dokter/internis gee.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement