advertisement
Question
Posted by: Candice | 2012/03/12

dogter met knoppe

Geagte Dr

(My dogtertjie is drie -jammer vir die langbriefie)

My dogtertjie het ''n groot knop agter op haar nek (waar die hare begin) aan haar regterkant en so 1-2 cm bo dit is daar ook nog ''n groot knop. Aan die linkerkant van haar kop net hoeer as die ene aan haar regtekant (van die kop) sit daar ook ''n knop. Die knop by die nek voel miskien soos ''n klier wat geswel is.

Hulle is almal groot knoppe wat duidelik gevoel kan word onder die vel...die twee op die kop is hard (soos wanneer ''n mens jou kop hard stamp en jy kry ''n knop) en die ene by die nek is sag...die groottes verskil tussen ''n 20c muntstuk en 50c muntstuk.

Ek moet byse, dat sy het sulke vrat-agtige goed (sy was gediagnoseer met Molluscum) orals op haar liggaam gehad wat onsuksesvol met VIT A room behandel was (Die room het letterlik haar gatvel gebrand en het ''n vel so groot soos my hand afgetrek. Dit na ''n paar keer se aansit - ek was vertel ek moes dit TE MINSTE vir sewe weke op haar gebruik)ek het nie saamgestem met die behandeling nie en het haar na ''n ander dokter toe gevat en die goed was orals op haar lyf onder narkose twee weke terug gebrand.

By haar nek en kop het sy orals sulke rooi uitslag gekry (voordat ons die VIT A room ebruik het) en het vreeslik gejeuk en gekrap daar (Die harkapper het die uitslag onder ons aandag gebring.) Vandat die goed gebrand is, het die uistlag so te se verdwyn. Ek verstaan dit is soos ''n ecseem as gevolg van daai vratte .Sy jeuk nog en klaar haar kop pyn.

Ek gee vir haar dynajet tablette daagliks en het vir haar probifllora junior tablette begin gee, omdat sy gereeld antibiotika al kry (verskillendes) want die goed werk nie vir haar as sy lelik siek is nie -verskeie kursusse. Oor die algemeen is sy gesond, maar as sy siek raak is dit ''n gesukkel om haar gesond te kry. Ek verstaan dat antibiotika ook ''n mens se immuniteit afbreek.

Sy kla gereeld oor hoofpyne. Ek wil net graag eintlik weet of dokter vir my raad het oor die knoppe. Ek gee maar vir DR haar geskiedenis -ek weet nie of dit help nie.

Ek vat haar Donderdag DR toe en berei voor vir die ergste :( My hart is so seer.

Enige idees? Ek is soooo bang dit is kanker of iets en ek weet ek haal nou weer seker die bobbejaan agter die bult uit, maar ek berei eerder vir die ergste voor...

Enige moontlikhede?

Dankie
Candice

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Candice

Haar simptome is hoogs onwaarskynlik weens kanker. Die knoppe is heel moontlik as gevolg van reaktiewe limfnodes, wat verskyn het weens die rooi uitslag op haar kopvel. Die dokter kan die ontsteekte limfnodes met 'n kursus antibiotika behandel. Wat wel pla, is die feit dat sy gereelde hoofpyn kry en ek stel voor dat jy jou dokter vra om dit verder te ondersoek.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Weaven | 2015/12/11

Het knop aan my linker kant agter my kop Presies waar hare ophou groei nadat ek hare gesny het by 'n Babershop .ek oorweeg om die Dokter te gaan sien.

Reply to Weaven
Posted by: Weaven | 2015/12/11

Het knop aan my linker kant agter my kop Presies waar hare ophou groei nadat ek hare gesny het by 'n Babershop .ek oorweeg om die Dokter te gaan sien.

Reply to Weaven
Posted by: Weaven | 2015/12/11

Het knop aan my linker kant agter my kop Presies waar hare ophou groei nadat ek hare gesny het by 'n Babershop .ek oorweeg om die Dokter te gaan sien.

Reply to Weaven
Posted by: mother | 2014/06/20

hi ek is n ma van n 5jaarege suen hy ht drie knoppe twee aan die onset kant en een by sy nek en een nt so bo sy. Kop wat kan dit wees

Reply to mother
Posted by: mother | 2014/06/20

hi ek is n ma van n 5jaarege suen hy ht drie knoppe twee aan die onset kant en een by sy nek en ren nt no sy Kop way kan dit wees

Reply to mother
Posted by: iam n mother | 2014/06/20

hi ek el sweet my swung ht drie knoppe by sy Koop twee Andie. onset kan en ren net so aan die bokant way kan dit wees ek spell hl asb

Reply to iam n mother

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement