advertisement
Question
Posted by: Lienks | 2008/08/12

Doen ek skade aan?

More Dr

Ek het twee maande terug my ringvinger " gesprain" . Ek het nog elke dag pyn met die vinger. Ek kan dit nie reguit maak nie en ook nie heeltemal buig nie. Die pyn is by die kneukel die meeste. Veral as ek weerskante druk en bo-op. Dit is nogsteeds geswel en meeste van die tyd is dit warm en rooi. Ek drink anti-inflammatries en smeer voltaren aan. Ek het gister my hand plat op die tafel gesit. Net die punt van my vinger het die blad geraak, so gebuig is dit. Ek het gisteraand n plat houtjie gevat en dit onder my vinger gesit en n pleister omgedraai. En dit vanoggend weer afgehaal. Wil he die vinger moet gewoond raak om weer reguit te gaan. Dit was vreeslik seer aan die begin, maar later beter geraak. Vanoggend sukkel ek om die vinger weer gebuig te kry. Doen ek meer skade aan? Is dit beter om n fisioterapeut te sien? Ek doen baie sport, en dit maak dit amper ontmoontlik om enige iets te doen. Baie dankie vir u tyd....

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lienks
Nee jong, vra jou huisdokter om jou so gou moontlik by 'n ortopeed te kry. Vingers word baie gou-gou stok styf en hier is iets meer fout as net 'n verstuiting! Jy het dalk die beentjie gechip in die gewrig of die bandjie wat die tendon moet vashou geskeur.
Laat weet my wat sê die ortopeed!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement