advertisement
Question
Posted by: Magzy | 2009/02/16

Do I have migraine' s or not?

Ek kry hoofpyne aan die linkerkant van my kop wat vreeslik klop. dit voel of dit in my neus klop en ook in my nek. my nek is permanent styf en ek kry dit nie reg nie. soms word ek naar, soms word ek blind of ek sien spikkels voor my oe. my nek is altyd styf maar die hoofpyne gaan partymaal vir ' n paar weke weg en dan skielik het ek dit weer vir so week tot 2 weke. wat kan ek doen om dit te verbeter?

Ek was by ' n dokter gewees hieroor en sy het vir my medikasie voorgeskryf: Maxalt RPD 10. Dit help my glad nie as ek ' n hoofpyn het wat my naar en blind maak nie. ek het terug gegaan na haar toe en sy het vir my gese dat dit dan nie migraines is nie. sy het ook nie ander voorstelle gemaak nie. Help asb wabt ek is desperaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Magzy
Dit klink of dit 'n migraine tipe hoofpyn kan wees, maar as dit nie reageer op Maxalt nie, is daar dalk iets ernstigers fout. Ek dink jy moet 'n neuroloog sien veral omdat jy soms blind word, ek sou dink jy het dalk 'n breinscan nodig. Ek dink ook dat daar dalk meer as een probleem is want dit klink of jy ook erge nekspierspasma kry. Daarvoor sal ek 'n fisioterapeut aanbeveel - hulle doen wondere met so stywe nek. Nekspierspasma kan soms ook erge hoofpyn veroorsaak as daar "snellerpunte" in die nek of rugspiere ontwikkel.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement