advertisement
Question
Posted by: Jolene | 2009/02/17

Dillema

Hi Dr ( en al die ander mense daar buite)

Ek het ietwat van ' n dillema en advies sal regtig waardeer word.
Ek is een van die grootste diereliefhebbers - my hart is soos ' n taxi - daar is altyd plek vir nog, maar ongelukkig is dit nie die geval met my beursie nie......

Op die huidige stadium het ek een kat en twee honde - die kat is gesteriliseer en die een hond is ' n Parsons Terrier 3 jaar oud - nie gesteriliseer nie en die ander een ' n halwe parsons terrier van 4 maande. (ma en dogter)

Die " Ma"  is ietwat van ' n probleem hond - ons het haar so ses maande terug aangeneem, want haar vorige eienaars kon nie meer met haar huis hou nie en hulle wou haar uitsit - my siening was nog altyd met liefde en geduld kan jy alle " behavior problems"  oplos - maar dit is makliker gesê  as gedaan en na 6 maande maak Spicy ons nog steeds mal ( maar ons is baie lief vir haar). Sy is alpha female - ek het altyd net gedog dat die mannetjies is alpha is - maar sy lig regtig haar been as sy piepie - sy sal jou in jou oë  kyk en iets verkeerd doen wetende - sy grawe gate vir dood en as sy die kans kry om weg te hardloop doen sy dit - en kom dan eers ure later stert tussen die bene terug.

Sy is op die oomblik op hitte - daarna word sy DADELIK regemaak. Sal die regmaak dinge verander? Die puppy leer ook nou al, al haar slegte gewoontes aan - ons het juis gedink dat dit sal beter gaan as sy dalk ' n maatjie het - maar nou het ons twee stoute honde.

Daar is onlangs by ons huis ingebreek - ons wafferse honde het gaan wegkruip - nie eers geblaf nie - my man se werk hou hom soms van die huis af en soms kom hy eers laataand by die huis aan.

Ek het groot geword met Duitse Herdershonde en die groot honde het my altyd baie veilig laat voel omdat mense nie sommer by ons huis kom sukkel het nie.

Nou die eintlike hoof dillema - vriende van ons het 3 husky' s - almal gered van vorige eienaars, twee tewe en een mannetjie - die een teef het nou net kleintjies gehad, en soos u seker kan dink - is daar ietwat van ' n bakleiery aan die gang, daar was nog maar altyd ietwat ' n jaloesie.

Ons vriende soek nou huis vir dood vir die tweede teef - en my man het aangebied om haar te neem vir " beskerming" .......

Sy is ook alpha hardekwas meisiekind - uitstekend vir ' n waghond maar ek weet nie of die diere oor die weg gaan kom nie. Ek is nie een van die mense wat ' n hond aaneem en more weer huis soek vir hom nie.

Wat kan ek doen? Moet ek hulle eers probeer blootstel aan mekaar?

My grootste vrees is dat die Parsons Terrier vir die Husky sal aanval. Doc weet mos die Terriers dink hulle is " 6 Feet Tall en Bullet Proof" . Maar ons almal weet dat sy sal sleg tweede kom.

Sal die sterilisasie help? Is drie tewe op een werf net te veel? Is Husky' s en Terriers compatable?

Bygesê  ons het ' n redelike groot erf - 900 m2 en ons woefels word elke dag vir ' n stap en ' n los hardloop op die veld geneem.

Hulle bly buite gedurende die dag en slaap ook saans buite - onder dak in hokke, op kussings en kom in die huis in saans as ons tuis is.

As daar Husky eienaars is - julle feedback sal ook waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo Jolene

Eerstens help sterilisasie nie met gedragsprobleme nie en dit verander nie noodwendig die hieragie van honde nie. Die husky sal moontlik die alfa pososie in neem met 'n effense bakleiery maar dit gaan nie die gedragsprobleme met jou terriers oplos nie.

Kry 'n kundige om jou by jou huis te kom raad gee.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chill | 2009/02/17

Ek stel belang in kommentaar van die cvet en ander, maar hier' s solank my ' tuppence-worth' .

Ek dink jy soek moeilikheid deur nog ' n dominante teef na julle werf te bring. Ek glo dis amper onvermydelik dat daar ' n bakleiery gaan wees, en tewe gee nie op nie - lees bietjie in die argief oor die probleme wat mense al ondervind het.

Buitendien - die oplossing vir die twee huidige honde se wangedrag le in ekstra kennis, en ' n gedragsmodifikasieplan - ek vermoed dat die beste sal wees om ' n gedragsdeskundige in te skakel. Moet tog asb nie al die probleme erger maak nie deur nog ' n probleemhond toe te voeg - altans, nie op hierdie stadium!

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement