advertisement
Question
Posted by: marico | 2010-04-01

dilated cardiomyopathy

Ons 30-jarige, verstandelik gestremde, seun is 2jr gelede gediagnoseer met cardiomyopathy natdat hy miokarditis gehad het. Sy hartspierfunksie is afgelope 6 maande 19%. Hoewel sy sonar en EKG onveranderd is, is hy tans ooglopend afgerem, slaap baie en verloor gewig, Bloedtoetse het erge ystertekort en begin van nierversaking aangedui. Hy ontvang tans binneaarse ysteraanvulling. Het die ystertekord en nierversaking iets te doen met die swak hartspier? Ons eens sosiale, gelukkige kind lag nooit meer, die gebrek aan energie, neem die lekker uit uitstappies wat voorheen vir hom plesier verskaf het. Is daar moontlik iemand op hierdie forum met dieselfde siekte. Ek wil baie graag weet hoe so ''n pasient fisies voel, miskien help dit my om my kind t help.
Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marico

Sy hartfunksie is bitter swak. Hy kwalifiseer beslis vir 'n hart oorplanting. Dit is die enigste oplossing vir verbetering van lewenskwaliteit.

Die nierfunksie hou beslis verband met swak hartfunksie, as gevolg van verlaagde bloed voorsiening na sy niere. Die abnormale hart struktuur veroorsaak selliese/opbreek van rooibloedselle en dit is daarom 'n moontlike oorsaak vir die anemie.

Die kardiomiopatie en gevolglike komplikasies, soos nierversaking, sal hom verskriklik moeg maak.

Verwys na die volgende webtuiste vir meer inligting oor kardiomiopatie: http://en.wikipedia.org/wiki/Dilated_cardiomyopathy

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement