advertisement
Question
Posted by: mamma mia | 2008/11/28

Dikker as ooit na baba se geboorte

Help my asseblief, want ek raak by die dag ronder! Ek het twee maande gelede ' n babatjie gehad en borsvoed hom eksklusief. Probleem is die borsvoeding (dink ek) maak my baie, baie honger. Ek wil net die hele tyd eet, eet en eet. Gevolglik het ek alweer 5 kg opgetel na baba se geboorte. Ek drink baie water, maar bly die hele tyd verskriklik honger. Dit het met my vorige baba ook gebeur en my man het gesê  hy skei my as ek weer so vet word (sal darem seker nie regtig nie). Is daar nie ' n eetlusdemper wat veilig is terwyl ek borsvoed nie? Ek weet die goed het newe effekte, maar sekerlik nie amper so baie newe effekte soos my onbeheerbare eetlus nie. Daar moet tog seker een of ander pil wees wat ek kan gebruik!?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Mamma Mia
Veels geluk met die geboorte van jou baba. Dit is hoogs gevaarlik om eetlusdempers te gebruik as jy borsvoed omdat die chemiese stowwe in die pille in die melk uitgeskei word en dit kan allerhande negatiewe effekte vir die kind veroorsaak (hartkloppings, verslawing, ens). Dit geld ook vir die sg. "kruie produkte". Moet dus asb Nie eetlusdempers drink terwyl jy borsvoed nie. Gaan sien asb 'n dieetkundige so gou as moontlik. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir jou spesiale behoeftes, wat jou sal help om jou eetlus te beheer, jou gewig in toom te hou en tog nog sal sorg vir al die voedingstowwe wat jy en jou baba nodig het om gesond te wees.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: jen | 2008/11/29

Ja nee dit is die borsvoed wat jou so uit honger. en dit is nie bad om heeldag te wil eet nie(veral as jy borsvoed), mits dit gesonde kos is wat jy verorbe. kry vir jou gesonde goed om te eet, vrugte ens. so hou alle lekker nye uit die huis of sluit in ' n kas en gee jou man die sleutel. maak vir jou vroeg oggend ' n groot bak slaai (tamatie, kroppie, komkommer ens) en sit in die yskas so as jy wil eet eet dit, drink glas melk (skimmed of 2%) en yogart dit kan jy mos lekker eet. of maak vir jou ' n lekker pot sop en eet daaraan as jy honger voel. die geheim is nou net om die gesond te hou en wat die minste vette ens bevat. byt vas onthou as jy die regte dinge eet, en so nou en dan met kleinding gaan stap, kan jy lekker gewig verloor.
sterkte.

Reply to jen
Posted by: ABC | 2008/11/28

Mamma Mia
Ek eet 2 gekookte eiers in die oggend so 8h00. Dit help vir my.
Dit hou langer as pap en ander kos. Eet dit stadig, happie vir happie.
Verder ' n tamatie middae as ek van die werk af kom. ' n raap is ook lekker.
Daar is ' n appel trick ook, maar dit het my net honger en lus gemaak, ' n Granny Smith appel met sout. Ek is lief vir sout en dan wil ek net eet.
Sterkte dit is nie maklik daar buite nie.
(Ek is ' n man)

Reply to ABC

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement