advertisement
Question
Posted by: bekommerd | 2001-11-16

Q.

dikderm ontsteking?

Ek het 'n pyn baie laag in my linkersy. Dit maak soms sulke steekpyne. Ek was eers hardlywig en het toe 'n purgeermiddel gedrink. Sederdien het ek die pyn in my linkersy en voel sommer ook nie lekker nie. My urine is getoets en dit is nie die probleem nie.
My huisdokter reken dit is dikderm ontsteking en het antibiotika en spasmodol voorgeskryf. Indien dit egter nie wil help nie het hy gese ek moet dalk 'n gastroskopie ondergaan. Wat behels dit en 'n endoskopie. (my stoelgang het nie bloed in) Ek is baie bang vir dikderm kanker. Kan dit dalk nie my vrouedele wees nie ek het nie 'n histerektomie gehad nie is 54 jaar oud en gebruik nie hormoon vervanging nie. Ek is andersins baie gesond.
Wat dink u kan my probleem wees?

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Bekommerd, daar’s net ‘n paar dinge wat vir jou pyn in jou linker sy sal gee. Dit kan jou milt, jou niere, jou derms en miskien jou vroue dele wees (as dit baie laag af in jou sy is). Dit is waarskynlik jou derm, maar dis moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te ondersoek.
'n Endoskopie is wanneer hulle ‘n ligvesel kamera gebruik om na die binnekant van jou derms te kyk. Dit word onder ligte verdowing gedoen en behoort geen ongemak te veroorsaak nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: Anonymous | 2013-11-10

hi ek het n problem met swelling van my maag veral as ek klaaar ge eet het. dit gebeur egter baie dat my maag vreeslik swell en dan verskriklik raaserig is. ek het egter die laaste week meer swelling as gewoondlik en het vreeslik seer op my maag, het die apteker gaan sien en hy het colon prep voorgstel. ek het egter geen sukses gehad nie, my maag het nogsteeds nie gegaan nie en die swelling en pyn raak net erker. dit lyk of ek 8 maande swanger is so groot swell my maag. wat kan dit veroorsaak en wat kan ek gebruik sodat die swelling moet sak en die pyn beter voel. baie dankie M

Reply to Anonymous
Posted by: Dan | 2001-12-10

Ek is die afgelope 6 maande verskriklik hardlywig, ek het
konstante pyn en ongemaklikheid,ek was al by die dokters
en al wat hulle vir my se is dat ek net nog meer senakot (laxatives) moet drink en dit help ook nie eers meer nie.
Ek is op die oomblik in Engeland en weet nie meer watter
kant toe nie.
Ek ervaar ook 'n naer gevoel en 'n sooibrand gevoel in my
maag.
Ek kan dit nie verstaan nie, ek eet baie fibre en drink baie
water en oefen gereeld maar niks help meer nie.
Ek weet nie of ek dalk 'n spastiese dikderm het , of 'n
mantelvlies breuk en of ek dalk alergies vir glutien is nie,
Help asb!

Reply to Dan
Posted by: CyberDoc | 2001-11-21

Bekommerd, daar’s net ‘n paar dinge wat vir jou pyn in jou linker sy sal gee. Dit kan jou milt, jou niere, jou derms en miskien jou vroue dele wees (as dit baie laag af in jou sy is). Dit is waarskynlik jou derm, maar dis moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te ondersoek.
'n Endoskopie is wanneer hulle ‘n ligvesel kamera gebruik om na die binnekant van jou derms te kyk. Dit word onder ligte verdowing gedoen en behoort geen ongemak te veroorsaak nie. Sterkte.

Reply to CyberDoc

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement