advertisement
Question
Posted by: Elna | 2002-08-26

Q.

dikderm

Goeienaand dokter

Ek woon op 'n afgeleë plek met geen dokter nie. Ek het omtrent dieselfde tyd verlede jaar erge buikpyne begin kry en 'n dokter het vermoed dit is Endometriose. My Ginekoloog het dit met 'n laparoskopie bevestig en verwyder. Ses maande later was dit dieselfde storie en ek is na 'n ander Ginekoloog aangesien ons verhuis het. Hy het weer dieselfde gedoen. Hierdie keer het ek egter na die tyd verskriklike pyn verduur. Ek is terug na hom toe en hy het gese hy het endometriose op my dikderm verwyder en dat daar nou moontlik ontsteking ingetree het. Twee weke later het die pyn nog steeds voortgeduur en vererger. Ek is toe na 'n ander Ginekoloog toe aangesien die een wat die laparoskopie uitgevoer het nie beskikbaar was nie. Die ander dokter het my baie deeglik ondersoek en gesê die pyn kom net van my dikderm af. Ek het Colofac gebruik wat die probleem opgeklaar het.

Twee maande later is die pyn terug. Ek weet egter nou nie of dit weer prikkelbare dermsindroom of Endometriose is nie?

Hoe kan ek verseker weet. Ek wil nie terug gaan na die Ginekoloog wat die laaste laparoskopie uitgevoer het nie. Om die waarheid te se wil ek nooit weer 'n laparoskopie he nie.

Help my groot asb!!! Ek weet nie meer wat met my lyf aangaan nie en my man is ook al moedeloos met al my skete en kwale!

groete

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Elna, ongekompliseerde endometriose veroorsaak pyn wat geassosieer is met menstruasie. Prikkelbare derm sindroom mag vererger tydens menstruasie, maar dit veroorsaak ook simptome in die middel van die siklus. Daar is natuurlik baie ander simptome en tekens, maar dis die DIY weergawe. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement