advertisement
Question
Posted by: SP | 2011/09/07

Diflucan

Hi doc

Ek het ''n drankprobleem en ondervind tans verskeie gesondheidsprobleme. Ek het opgehou drink maar voel verskriklik sleg, blykbaar is dit ''n vorm van depressie of iets wat normaal is op hierdie stadium. My dr het vir my Diflucan 150mg voorgeskryf, net een pil wat ek dadelik moet drink. Ek het egter gelees dat hierdie medikasie baie hard is op die lewer en (ek weet hoe dit moet klink) maar ek wil nie verdere skade aanrig nie aangesien ek probeer om gesond te word. Hoeveel skade sal een pil aanrig? Hoe erg kan een pil op die lewer wees? Ek weet dit klink snaaks aangesien ek myself lettelik amper met drank doodgemaak het, maar ek sal dokter se antwoord waardeer. Ek is werklik te bang om die ding te drink. 150mg is baie. Ek was nog altyd bang vir pille. Dis die een ding waaraan ek nie sal verslaaf raak nie. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

SP

Ek is seker dat dit nie skade sal aanrig nie, maar die beste sal wees om jou dokter vir 'n lewerfunksie toets te konsulteer. Afhangende van die uitslae, kan julle dan besluit of dit nadelig sal wees vir jou gesondheid.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement