advertisement
Question
Posted by: LULU | 2010/06/28

DIET

HOOP U KAN MY HELP MET N PAAR VRAE. WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN DUROMINE EN SIMPLY SLIM? WAT IN SIMPLY SLIM MAAK DIT SO GEVAARLIK OM TE GEBRUIK EN IS DUROMINE DAN N BETER OPSIE OF MAAR NET SO SLEG? EN DAN XENICAL EN USN SE FAT BLOK, USN SE FAT BLOK BEVAT NeOpuntia®  (Opuntia-ficus indica) 1600mg , IS DIT DIESELFDE AS IN XENICAL? EN WATSE MOONTLIKE NEWE EFFEKTE KAN DAAR WEES MET DIE GEBRUIK VAN USN FAT BLOCK? HET MENS N VOORSKRIF NODIG VIR Xenical EN WATSE BESTANDELE IS DAARIN? EK OEFEN WEL EN EET REG EN HET REEDS 10KG VERLOOR MAAR STAAN AL VIR DIE AFGELOPE 5 MAANDE STIL. WIL GRAAG NOG 10 VERLOOR, MAAR STAAN NET DOODSTIL OP WAT EK NOU STAAN, AL WAT MENS VAN HOOR WAT WERK WAT JY NIE N VOORSKRIF VOOR NODIG HET NIE IS SIMPLY SLIM, MAAR EK WIL DIT NIE GRAAG GEBRUIK NIE OOR MENS AL GEHOOR HET WAT DIT AAN ANDER MENSE GEDOEN HET. MAAR MENS IS SO RAADOP DAT JY DIT OORWEEG EN JOUSELF MAAK GLO DAT DIT VIR JOU SAL WERK MET GEEN NEWE EFFEKTE NIE. DANKIE VIR U HULP. LULU

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lulu
Dis omtrent 'n paar vrae!' Kom ons kyk: 1) Duromine bevat fentermien as aktiewe bestanddeel. Dit onderdruk die aptyt en kan ook newe-effekte soos pulmonale edeem, hallusinasies, ens, veroorsaak (alle medikamente kan newe-effekte veroorsaak, en dit geld ook vir ALLE oor-die-toonbank en kruieprodukte). 2) Simply Slim bevat 'n hele reeks kruiemiddels wat potensieel nadelige newe-effekte kan veroorsaak (klik op 'DietnFood', en doen dan 'n soektog met 'Simply Slim' om die artikels wat ek daaroor geskryf het, te lees. Die probleem met die 'ou' Simply Slim wat 'n paar maande terug sulke ernstige newe-effekte by sommige gebruikers veroorsaak het dat dit deur die Medisyne Beheerraad van die mark onttrek is, was dat dit ook sibutramien bevat het. Nou sibutramien word wel gebruik in farmaseutiese verslankingsmiddels soos Reductil en Ciplatrim, maar die 'ou' Simply Slim het 'n baie hoë dosis daarvan bevat en dit is nie op die etiket aangedui nie! Ciplatrim en Reductil kan slegs deur 'n mediese dokter voorgeskryf word en die dr is veronderstel om die pasiënt eers deeglik te ondersoek voordat hy/sy dit voorskryf om vas te stel of die pasiënt enige probleme met die hart, bloedsomloop, hoë bloeddruk of beroerte het, al dan nie. Aangesien die 'ou' Simply Slim nie vir gebruikers aangedui het nie dat hulle eers deur 'n dr ondersoek moet word en dat die produk so 'n hoë dosis sibutramien bevat het, het sommige gebruikers baie siek geword en dit is gelukkig verban. Ek het nog nie die lys bestanddele van die 'nuwe' Simply Slim onder oë gehad nie, maar as dit steeds dieselfde kruiemiddels bevat (hopelik nou sonder die sibutramien), dan is daar steeds die potensiaal vir nadelige newe-effekte en ek sal steeds lesers afraai om so 'n produk te gebruik. 4) Xenical bevat 'n chemiese verbinding met die naam van orlistat wat verhoed dat die liggaam vet uit die dieet absorbeer. Die vet word dan direk uitgeskei. As gevolg van die verminderde vetinname, word die pasiënt se energie-inname verlaag en verloor die pasiënt gewig. 5) Opuntia ficus indica (wat van turksvye gemaak word!) het moontlik die potensiaal om ook 'n gedeelte van die vet in kos te absorbeer, maar in kontras met Xenical, is daar nog baie min wetenskaplike navorsing met hierdie plantekstrak gedoen, en ek kan dit dus nie aanbeveel nie.
As jy al 10 kg verloor het, dan is dit moontlik dat jy nog gewig sal kan verloor deur gebruik te maak van 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks dieet. Lees meer oor die GI deur te klik op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en dan die artikels oor die GI te lees. Indien jy steeds sukkel om gewig te begin verloor nadat jy 'n lae-vet, lae-GI dieet vir 'n maand gevolg het, sal ek jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek dat sy/hy jou en jou kosinname kan evalueer. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal ook vir jou kan raad gee oor die gebruik van goedgekeurde verslankingsmiddels soos Xenical.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: annelize | 2010/08/13

Kan mens Xenical en Ciplatrim saam gebruik. EK is op Weigh less en sukkel vreeslik om gewig te verloor. Het al my hormone en skulklier gaan toets, en alles lyk reg. Is nou al 1 jaar op Weigh less en het nou 10 kg verloor, ek staan stil dan tel ek weer dit op

Reply to annelize
Posted by: DietDoc | 2010/06/28

Beste Lulu
Dis omtrent 'n paar vrae!' Kom ons kyk: 1) Duromine bevat fentermien as aktiewe bestanddeel. Dit onderdruk die aptyt en kan ook newe-effekte soos pulmonale edeem, hallusinasies, ens, veroorsaak (alle medikamente kan newe-effekte veroorsaak, en dit geld ook vir ALLE oor-die-toonbank en kruieprodukte). 2) Simply Slim bevat 'n hele reeks kruiemiddels wat potensieel nadelige newe-effekte kan veroorsaak (klik op 'DietnFood', en doen dan 'n soektog met 'Simply Slim' om die artikels wat ek daaroor geskryf het, te lees. Die probleem met die 'ou' Simply Slim wat 'n paar maande terug sulke ernstige newe-effekte by sommige gebruikers veroorsaak het dat dit deur die Medisyne Beheerraad van die mark onttrek is, was dat dit ook sibutramien bevat het. Nou sibutramien word wel gebruik in farmaseutiese verslankingsmiddels soos Reductil en Ciplatrim, maar die 'ou' Simply Slim het 'n baie hoë dosis daarvan bevat en dit is nie op die etiket aangedui nie! Ciplatrim en Reductil kan slegs deur 'n mediese dokter voorgeskryf word en die dr is veronderstel om die pasiënt eers deeglik te ondersoek voordat hy/sy dit voorskryf om vas te stel of die pasiënt enige probleme met die hart, bloedsomloop, hoë bloeddruk of beroerte het, al dan nie. Aangesien die 'ou' Simply Slim nie vir gebruikers aangedui het nie dat hulle eers deur 'n dr ondersoek moet word en dat die produk so 'n hoë dosis sibutramien bevat het, het sommige gebruikers baie siek geword en dit is gelukkig verban. Ek het nog nie die lys bestanddele van die 'nuwe' Simply Slim onder oë gehad nie, maar as dit steeds dieselfde kruiemiddels bevat (hopelik nou sonder die sibutramien), dan is daar steeds die potensiaal vir nadelige newe-effekte en ek sal steeds lesers afraai om so 'n produk te gebruik. 4) Xenical bevat 'n chemiese verbinding met die naam van orlistat wat verhoed dat die liggaam vet uit die dieet absorbeer. Die vet word dan direk uitgeskei. As gevolg van die verminderde vetinname, word die pasiënt se energie-inname verlaag en verloor die pasiënt gewig. 5) Opuntia ficus indica (wat van turksvye gemaak word!) het moontlik die potensiaal om ook 'n gedeelte van die vet in kos te absorbeer, maar in kontras met Xenical, is daar nog baie min wetenskaplike navorsing met hierdie plantekstrak gedoen, en ek kan dit dus nie aanbeveel nie.
As jy al 10 kg verloor het, dan is dit moontlik dat jy nog gewig sal kan verloor deur gebruik te maak van 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks dieet. Lees meer oor die GI deur te klik op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en dan die artikels oor die GI te lees. Indien jy steeds sukkel om gewig te begin verloor nadat jy 'n lae-vet, lae-GI dieet vir 'n maand gevolg het, sal ek jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek dat sy/hy jou en jou kosinname kan evalueer. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal ook vir jou kan raad gee oor die gebruik van goedgekeurde verslankingsmiddels soos Xenical.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.