advertisement
Question
Posted by: Sara | 2008/07/01

diet

Hello dok, Ek drink Xenical en eet net low GI en low-fat kos vir amper 2 weke lank maar ek tel nogsteeds gewig op, nie oormatig nie maar ek voel dit aan my klere. Hoekom verloor ek nie? Ek drink net Bonaqua still flavoured water wat 0g fet het. Ek eet elke oggend jungle oats, middae - low GI brood met ham en in die aande - hoender, vis of vleis(2keer 'n week). As ek regtig lus het vir 'n soet ding maak ek vir my 'n glas "nesquick" met fat free melk. Wat doen ek verkeerd? Ek het 40kg om te verloor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sara
Volgens wat jy berig, behoort jy tog al gewig te verloor het. Jy eet lae-vet, lae-GI kos en neem Xenical wat sal sorg dat die bietjie vet in die dieet nie opgeneem word nie. Ek sal aanraai dat jy 2 dinge doen: a) gesels met die dr wat vir jou die Xenical voorgeskryf het en noem vir hom dat jy nie gewig verloor nie - dit is moontlik dt jy aan insulienweerstandigheid lei en sal moet medikasie soos Glucophage neem om dit aan te spreek, of dat jy tans aan waterretensie lei wat met waterpille behandel kan word; b) probeer om so aktief as moontlik te wees - begin bv elke dag stap vir 30 min - begin stadig en verhoog dan hoe vinnig en ver jy in 30 min stap soos jou fiksheid verbeter. oefening is een van heel beste maniere om jou metabolisme te stimuleer.




Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement