advertisement
Question
Posted by: LIANA | 2010/12/16

DIEETKUNDIGE

HI DOC, EK WAS BY N DIEETKUNDIGE SIENDE DAT MY GEWIG STILSTAAN EN EK NIE GEWIG VERLOOR NIE. EK HET VERLOOR MAAR STAAN NOU STIL EN MAAK NIE SAAK WAT EK DOEN EK VERLOOR NIE. EK IS TELEERGESTEL IN DIE DIEET WAT SY VIR MY GEGEE HET. EK SOU EERDER SE DIS N DIEET VIR IEMAND WAT NOU EERS BEGIN OF IEMAND WAT HULLE GEWIG NET WIL VOLHOU. NIE VIR EEN WAT DIT WAT SY VOORSTEL BASIES KLAAR GEDOEN HET NIE EN NOU STIL STAAN NIE. DAAR IS NIE EENS HOEVEELHEDE BY NIE. EN DIS NET OP DIE PRINSIEP VAN DEEL JOU BORD OP EN HOU JOU PORSIES PROTIEN, STYSEL EN GROENTE REG. MOES EK EERDER WEIGHTLESS TOE GEGAAN HET? EK HET GEDINK BY N DIEETKUNDIGE SOU EK N GOEIE DIEET KRY SPESIFIEK VIR MY UITGEWERK VIR MY BEHOEFTES. KAN U DALK IETS VOORSTEL. MY BMI IS 24 VOLGENS HAAR. EK WEET NIE MEER WAT OM TE DOEN NIE. DANKIE VIR U HULP EN TYD.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liana
As jy nie tevrede is met die dieet wat jy by die dieetkundige ontvang het nie, staan dit jou vry om die persoon weer te kontak en te noem dat jy meer spesifieke instruksies wil hê. Jy kan ook in die nuwe jaar by Weigh-Less aansluit indien jy voel jy het weeklikse ondersteuning nodig. Daar is studies wat aandui dat sommige verslankers beter doen as hulle deel van 'n groep is en elke week onderskraging van hul groepsleier ontvang. Een manier om gewigsverlies wat tot stilstand gekom het, weer aan te spoor, is om elke dag ten minste 30 minute aërobiese oefeninge te doen soos touspring, fietsry, flink stap of te swem. Probeer dit gerus, want fisiese oefening is die beste manier om jou metabolisme op 'n veilige en gesonde manier te prikkel.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/12/19

Beste Liana
As jy nie tevrede is met die dieet wat jy by die dieetkundige ontvang het nie, staan dit jou vry om die persoon weer te kontak en te noem dat jy meer spesifieke instruksies wil hê. Jy kan ook in die nuwe jaar by Weigh-Less aansluit indien jy voel jy het weeklikse ondersteuning nodig. Daar is studies wat aandui dat sommige verslankers beter doen as hulle deel van 'n groep is en elke week onderskraging van hul groepsleier ontvang. Een manier om gewigsverlies wat tot stilstand gekom het, weer aan te spoor, is om elke dag ten minste 30 minute aërobiese oefeninge te doen soos touspring, fietsry, flink stap of te swem. Probeer dit gerus, want fisiese oefening is die beste manier om jou metabolisme op 'n veilige en gesonde manier te prikkel.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement