advertisement
Question
Posted by: Debbie | 2010/10/19

Dieetkundige???

Ek is 1.64 lank, klein gebou en het altyd so 52kg geweeg, toe laat ek my liggaam gaan vir so paar jaar en weeg toe op die ou einde 70kg! Ek het myself weer reg geruk en dit reg gekry om gewig te verloor en is nou op 60kg, maar dis asof die skaal daar vasgehak het! Ek staan nou al op 60 vir 3 weke lank en word nou al baie moedeloos en wil opgee maar herrinder myself dan hoever ek al wel gekom het. Ek sal graag 55 wil weeg en selfs dalk weer 52 siende dat ek klein gebeent is. Sal n dieetkundige my kan help hiermee en wat kan mens verwag as mens een gaan sien? Hoe werk dit, vra hulle maar net vra of wat? Dankie vir u tyd en hulp. Debbie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Debbie
Eerstens baie geluk met jou mooi verlies van 10 kg - goed gedaan! Tans is jou BMI = 22,3 wat eintlik al ideaal is. 'n BMI van 22 word algemeen as ideaal vir dames beskou. Toe jy 52 kg geweeg het, was jy al naby aan ondergewig wat ook nie wenslik is nie. Dit is moontlik dat jou liggaam jou pogings tot addisionele gewigsverlies sal teenstaan aangesien jy nou al op jou ideale vlak is. Jy kan wel 'n dieetkundige spreek, maar ek dink sy sal ook vir jou sê dat jy nie eintlik meer gewig behoort te verloor nie. Dit sit te veel stres op jou liggaam. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. 'n Ander opsie is om elke dag te oefen vir ten minste 30 min (bv. flink stap, fietsry, swem, touspring, ens) om die laaste 1-2 kg af te skud en jou liggaam ferm en slank te maak.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/20

Beste Debbie
Eerstens baie geluk met jou mooi verlies van 10 kg - goed gedaan! Tans is jou BMI = 22,3 wat eintlik al ideaal is. 'n BMI van 22 word algemeen as ideaal vir dames beskou. Toe jy 52 kg geweeg het, was jy al naby aan ondergewig wat ook nie wenslik is nie. Dit is moontlik dat jou liggaam jou pogings tot addisionele gewigsverlies sal teenstaan aangesien jy nou al op jou ideale vlak is. Jy kan wel 'n dieetkundige spreek, maar ek dink sy sal ook vir jou sê dat jy nie eintlik meer gewig behoort te verloor nie. Dit sit te veel stres op jou liggaam. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. 'n Ander opsie is om elke dag te oefen vir ten minste 30 min (bv. flink stap, fietsry, swem, touspring, ens) om die laaste 1-2 kg af te skud en jou liggaam ferm en slank te maak.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement