advertisement
Question
Posted by: Linda | 2009/05/28

Dieet vraag

Ek wil graag Slimming Solution Plus probeer om gewig te verloor, ek het by die apteek gehoor dat dit die gewildste een is op die oomblik. Dit is nogal duur en daarom wil ek net eers by Dr hoor of dit veilig sal wees. Die vloeistof het kruie en vitamiene in, maar ek het eenkeer in hierdie forum gelees dokter het iemand gewaarsku teen dieet kruie tee omdat dit glo jou lewer kan beskadig. Vir watter kruie moet mens versigtig wees? Ek beplan om die middel reg te gebruik en nie meer te drink as wat voorgeskryf word nie, maar voel nogtans versigtig aangesien daar wel kruie in die Slimming Solution is.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Linda
dit lyk heel veilig maar ek dink jy mors jou geld. Mens moet jou lewenstyl verander om permanent gewig te verloor, en al verloor jy gewig op die middel, kan jy dit tog nie vir die res van jou lewe drink nie. Gaan kyk bietjie op Diet Doc se artikels op die health 24 website onder "Diet" vir tips oor hoe om permanent gewig te verloor
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement