advertisement
Question
Posted by: Anton | 2011/04/06

Dieet volgens bloedgroep?

Hi dietdoc, ek het al per geleentheid gehoor dat ''n mens ''n dieet kan volg deur jou spesifieke bloedgroep. Is dit waar en is dit ''n bekostigbare dieet? Wil ook weet of dit waar is dat bv. broccoli goed is vir een persoon maar nie noodwendig vir ''n ander persoon nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anton
Ek is nie oortuig dat die sg. 'bloedgroep diëte' op streng wetenskaplike feite gegrond is nie en ek het ook nog nooit 'n wetenskaplike artikel daaroor gelees nie. Wat die koste aanbetref, sal dit raadsaam wees om die boek wat deur D'Adamo geskryf is by 'n boekwinkel of deur die Internet te bekom en dan self daaroor te besluit. Dit is 'n feit soos die ou spreekwoord sê dat "een se brood, is die ander se nood' en dit is ook op kosse van toepassing. As ons kyk na broccoli wat jy genoem het, dan is broccoli 'n uitstekend kos was ryk is aan beskermende voedingstowwe soos beta-karoteen en vesel. Broccoli soos al die koolsoorte wat aan die Brassica familie behoort, is aangewys as 'kanker-beskermende' voedsels. Maar as 'n persoon bv. intolerant of allergies is vir een van die komponente wat in die Brassica familie voorkom (bv. swawel) dan kan 'n kos soos broccoli baie ongemak veroorsaak (winde, maagkrampe, ens). Indien 'n kossoort 'n persoon laat sleg voel, is dit altyd raadsaam om dit te vermy, afgesien van die voedingswaarde daarvan. Daar is ook ander bronne van beta-karoteen (bv. pampoen, wortels, patats, ens), wat jy kan gebruik om dit te vervang.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Marelise | 2011/06/23

Hi Dietdoc, as ek weet wat my bloedgroep is, waar kan ek die dieet kry volgens my bloedgroep?

Reply to Marelise
Posted by: Anton | 2011/04/07

Baie dankie vir die advies.

Reply to Anton
Posted by: DietDoc | 2011/04/06

Beste Anton
Ek is nie oortuig dat die sg. 'bloedgroep diëte' op streng wetenskaplike feite gegrond is nie en ek het ook nog nooit 'n wetenskaplike artikel daaroor gelees nie. Wat die koste aanbetref, sal dit raadsaam wees om die boek wat deur D'Adamo geskryf is by 'n boekwinkel of deur die Internet te bekom en dan self daaroor te besluit. Dit is 'n feit soos die ou spreekwoord sê dat "een se brood, is die ander se nood' en dit is ook op kosse van toepassing. As ons kyk na broccoli wat jy genoem het, dan is broccoli 'n uitstekend kos was ryk is aan beskermende voedingstowwe soos beta-karoteen en vesel. Broccoli soos al die koolsoorte wat aan die Brassica familie behoort, is aangewys as 'kanker-beskermende' voedsels. Maar as 'n persoon bv. intolerant of allergies is vir een van die komponente wat in die Brassica familie voorkom (bv. swawel) dan kan 'n kos soos broccoli baie ongemak veroorsaak (winde, maagkrampe, ens). Indien 'n kossoort 'n persoon laat sleg voel, is dit altyd raadsaam om dit te vermy, afgesien van die voedingswaarde daarvan. Daar is ook ander bronne van beta-karoteen (bv. pampoen, wortels, patats, ens), wat jy kan gebruik om dit te vervang.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.