advertisement
Question
Posted by: Jana | 2011/03/15

Dieet vir onderaktiewe skildklier

Hi julle, het julle dalk ''n dieet vir my wat ek kan gebruik as ek ''n onderaktiewe skildklier het asb ek sukkel vreeslik om gewig te verloor!

Dankie

Jana

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jana
Ek vertrou dat jy wel ook mediese behandeling vir jou onaktiewe skildklier ontvang (bv. Eltroxin, ens). Dit is baie belangrik dat jy hierdie hormoonaanvulling elke dag drink soos deur jou dr voorgeskryf. Indien jy vind dat dit nie reg werk nie, moet jy terugkeer na die dr en hom/haar vra om jou skildklierhormoonvlakke te toets want dit mag nodig wees om jou voorskrif aan te pas. Daar is nie 'n spesiale dieet vir persone met skildklierprobleme nie. Die basiese beginsels van 'n gebalanseerde, lae-vet, energie-ingekorte verslankingsdieet (klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van so 'n dieet), en daaglikse oefening vir ten minste 30 min (touspring, fietsry, swem, gim, ens) sal wel gewigsverlies aanhelp. Veral aërobiese oefening soos genoem, sal jou trae metabolisme stimuleer en bydra tot gewigsverlies. Moet asb Nie enige oor-die-toonbank produkte wat ekstrak van seewiere bevat, gebruik nie, aangesien die hoë jodiuminhoud van sulke produkte jou skildklier verder kan benadeel. Oor die algemeen het mense in SA nie 'n tekort aan jodium nie omdat al die tafelsout wat te kope is, met jodium verryk is.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Marelize | 2016/03/19

Jana Dis jare later - het jy toe reggekom? Want ek het met die Autoimmune - Paleo dieet byna 20kg verloor in 5 maande. en Voel fantasties.

Reply to Marelize | 2 comments (hide)
Posted by: Louise | 2016/06/14

Hi ekt ok n onderaktiewe skildklier en drink 2mg eltroxin en sukkel met my gewig kan jy my dalk die dieeet aanstuur ek wil 20 kg verloor as

Posted by: Salome | 2016/05/15

Hi Marelize, Kan jy asb vir my meer inligting oor die dieet aanstuur. Ek het n onderaktiewe skildklier en het al 8kg opgetel. Ek wil so gou moontlik daarvan ontslae raak voordat ek te veel optel. Baie dankie Salome

Posted by: Maryna | 2013/10/20

Hi julle, ek het 'n onaktiewe skildklier, ek gebruik Eltroxin 0,1mg. Ek het 'n knop aan die linker kant van my keel gehad. Dit is verwyder. Bloedtoetse het altyd gewys dat my skildklier niks makeer nie, al het ek die knop gehad. Totdat ek vir n "scan" gegaan het en toe later vir 'n flikkergram. Die spesialis het besluit om dit te verwyder. Ek het stadig maar seker gewig opgetel, maar die afgelope tyd tel ek vinniger op. My skildklier en al die ander toetse word gereeld gedoen. Ek probeer so ver moontlik gesond eet, baie stap en doen self ligte oefening tuis. My ouderdom is laat 50's. My huis dokter wat ook 'n gym het, het my aangeraai om nie te strawe oefeninge te doen nie, verkieslik baie stap en strekoefninge. Ek let op dat my oë vinnig verswak. My suiker is getoets en is normaal. Ek het wel hoë cholesterol, onder andere die genetiese een en gebruik Crestor 10mg tablette asook hormoon aanvuling, Premarin 0,625 vir warmgloede. Nou onlangs het ek met bloeddruk probleme begin en daarvoor gebruik ek Prexum Plus 1,25 mg. Wat veroorsaak skildklier probleme? Waar kan ek vir die regte eetplan aanklop? Ek het nog nooit ge dieet nie, ek meen soos allerhande goed drink om my te help verslank , nie. Ek glo aan gesond eet.

Reply to Maryna
Posted by: DietDoc | 2011/03/15

Beste Jana
Ek vertrou dat jy wel ook mediese behandeling vir jou onaktiewe skildklier ontvang (bv. Eltroxin, ens). Dit is baie belangrik dat jy hierdie hormoonaanvulling elke dag drink soos deur jou dr voorgeskryf. Indien jy vind dat dit nie reg werk nie, moet jy terugkeer na die dr en hom/haar vra om jou skildklierhormoonvlakke te toets want dit mag nodig wees om jou voorskrif aan te pas. Daar is nie 'n spesiale dieet vir persone met skildklierprobleme nie. Die basiese beginsels van 'n gebalanseerde, lae-vet, energie-ingekorte verslankingsdieet (klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van so 'n dieet), en daaglikse oefening vir ten minste 30 min (touspring, fietsry, swem, gim, ens) sal wel gewigsverlies aanhelp. Veral aërobiese oefening soos genoem, sal jou trae metabolisme stimuleer en bydra tot gewigsverlies. Moet asb Nie enige oor-die-toonbank produkte wat ekstrak van seewiere bevat, gebruik nie, aangesien die hoë jodiuminhoud van sulke produkte jou skildklier verder kan benadeel. Oor die algemeen het mense in SA nie 'n tekort aan jodium nie omdat al die tafelsout wat te kope is, met jodium verryk is.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement