advertisement
Question
Posted by: Ronel | 2001-11-21

Q.

Dieet vir 'n mantelvliesbreuk.

Ek kry verskriklik sooibrand agv 'n mantelvliesbreuk en met gevolg het my dokter gese ek moet my dieet aanpas en goed uitsny soos vrugtesappe en gas koeldrank ens. wat kan ek dan bv drink. Omtrent alles wat ek eet soos meusli in die oggend, broodjie in die middag en aandete gee my sooi brand. Kan ju dalk help met die regte dieet?
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Expert ImageDietDoc

Beste Ronel
Ek vertrou dat die dr vir jou teensuurmiddels, ens, voorgeskry het wat sal help met die sooibrand. Die dieet vir hierdie toestand is baie individueel. Elke pasient moet maar die kosse en dranke uitsny wat vir hom/haar simptome en ongemak gee. Die dr is reg dat jy gas koeldranke en dranke wat baie kafeine bevat, moet uitsny. Jy kan rooibos tee, melk dranke en verdunde suiwer vrugtesappe probeer. Wat die ander kosse aanbetref, moet jy eksperimenteer. As wit brood vir jou laat suur ontwikkel, probeer bruin brood en omgekeerd. Algemeen gesproke sal die uitsny van vetterige, ryk maaltye, kosse wat baie speserye en kerrie bevat, alkohol, en oormatige tee, koffie en gas koeldranke alreeds baie help. Indien jy glad nie verligting kry nie, dan moet jy asb 'n dieetkundige spreek sodat sy vir jou 'n spesifieke dieet kan uitwerk wat jou reaksies in ag neem. Vra die dr om jou te verwys.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: elmarie | 2014-09-18

Mag mens droee vrugte eet met mantelvlies breuk

Reply to elmarie
Posted by: Anonymous | 2014-03-14

my vier jarige seuntjie het nou n mantelvliesbreuk, ekwil weet wat om nie vir hom te gee nie

Reply to Anonymous
Posted by: linda | 2013-09-01

ek het twee mantelvies operasies gehad en die dr het net vir my gese dis in n proses van keelkanker van al die suur hulle mag nie meer sny nie. Wat kan ek doen en eet om dit te vertraag. Ek drink net lansloc op die oomblik asb. ek raadop

Reply to linda
Posted by: DietDoc | 2001-11-24

Beste Ronel
Ek vertrou dat die dr vir jou teensuurmiddels, ens, voorgeskry het wat sal help met die sooibrand. Die dieet vir hierdie toestand is baie individueel. Elke pasient moet maar die kosse en dranke uitsny wat vir hom/haar simptome en ongemak gee. Die dr is reg dat jy gas koeldranke en dranke wat baie kafeine bevat, moet uitsny. Jy kan rooibos tee, melk dranke en verdunde suiwer vrugtesappe probeer. Wat die ander kosse aanbetref, moet jy eksperimenteer. As wit brood vir jou laat suur ontwikkel, probeer bruin brood en omgekeerd. Algemeen gesproke sal die uitsny van vetterige, ryk maaltye, kosse wat baie speserye en kerrie bevat, alkohol, en oormatige tee, koffie en gas koeldranke alreeds baie help. Indien jy glad nie verligting kry nie, dan moet jy asb 'n dieetkundige spreek sodat sy vir jou 'n spesifieke dieet kan uitwerk wat jou reaksies in ag neem. Vra die dr om jou te verwys.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement