Expert's Reply
A.
DietDoc
Beste Leserin
As jy aan insulienweerstand ly is dit essensieel dat jy 'n kliniese dieetkundige te spreek sodat sy/hy 'n persoonlike dieet vir jou kan uitwerk - die dieet is een van die vernaamste dele van die behandeling - (kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276, of stuur ‘n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in jou plaaslike telefoongids of Geel Bladsye om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal 'n dieet gegrond op die glisemiese indeks (GI) vir jou voorskryf. Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en lees die artikels oor die GI. Sy/hy sal ook bepaal of dit beter is vir jou en jou omstandighede om 3 maaltye of 6 kleiner maaltye te eet, al dan nie. Gereelde oefening word ook aanbeveel om insulienweerstand te beheer. Probeer dus om so aktief as moontlik te word (sluit aan by 'n goeie gimnasium of Walk for Life).
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal
advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or person harm you may suffer resulting from making use of this content.