advertisement
Question
Posted by: maria | 2012/02/15

dieet plan

Goeie dag Diet Doc,

Ek is n 61 jarige vrou. ek is onlangs gediagnoseer met hoe uriensuur en gluten intoleransie. ek sukkel verkriklik met pyne in my bene en heupe asgevolg van die uriensuur. Ek is ook oorgewig. Ek gaan nou saam met my dogter begin om Weigh-Less se eetplan te volg maar wil net graag uitvind, wat ek vanaf moet wegbly vir my uriensuur en gluten probleem. Enige raad sal waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Maria
Ek is jammer om te verneem dat jy aan hoë uriensuur en glutenintoleransie ly. Voordat jy finaal by Weighless aansluit, wil ek voorstel dat jy eers met hulle gesels en dat jy hulle vra of hulle spesifieke verslankingsdiëte vir persone met hoë uriensuur en glutenintoleransie het. Indien hulle nie sulke diete het nie, moet jy asb 'n geregistreerde dieetkundige spreek aangesien die dieetbehandeling van hierdie twee toestande nogal gekompliseerd is en die gewigsverlies ook probleme kan veroorsaak. Persone wat aan hoë uriensuur ly en jig ontwikkel, moet baie stadig gewig verloor aangesien die gewigsverlies nog meer uriensuur in die bloed vrystel. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Om meer te lees oor die dieetbehandeling van jou 2 toestande, klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n Soektog vir die artikel 'NEW DIETARY RECOMMENDATIONS FOR GOUT', wat inligting oor hierdie toestand verskaf. Terwyl jy op die 'Diet & Nutrition' Webwerf is, klik op 'Allergy & Intolerance' en lees die artikels oor koringallergie en glutenintoleransie. Nadat jy die artikels gelees het, sal jy besef hoekom ek aanbeveel dat jy verkieslik 'n dieetkundige moet raadpleeg om jou te help om jou pad deur al hierdie verbode kosse te vind en ook nog gewig te verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Lain | 2012/02/22

hi...
wil net weet... ek oefen 5 keer n week by die gym, waarvan 30min cardio is. ek eet 5 maaltye n dag. eet baie min stysel, drink 2l water n dag en dis nou al vir bietjie meer as n maand en ek verloor nie gewig nie.
wat doen ek dan verkeerd? nogal aaklig om te hoop elke week gaan beter wees en dan op die skaal te klim en niks het verander nie.
lain

Reply to Lain
Posted by: natalie thomas | 2012/02/20

Good day to you
I am currently breastfeeding and i would like to lose weight as i was overweight before having my baby. Is there any diet you can recommend which will allow me to lose weight as still provide my baby with healthy milk

Reply to natalie thomas
Posted by: marsha | 2012/02/20

good day Dr,
My Dr has put me on Ciplatrim to help me lose weight currently i need to lose 65kg to be my goal weight i want to know in order to lose weight do i have to cut out all carbs?

Reply to marsha
Posted by: DietDoc | 2012/02/15

Beste Maria
Ek is jammer om te verneem dat jy aan hoë uriensuur en glutenintoleransie ly. Voordat jy finaal by Weighless aansluit, wil ek voorstel dat jy eers met hulle gesels en dat jy hulle vra of hulle spesifieke verslankingsdiëte vir persone met hoë uriensuur en glutenintoleransie het. Indien hulle nie sulke diete het nie, moet jy asb 'n geregistreerde dieetkundige spreek aangesien die dieetbehandeling van hierdie twee toestande nogal gekompliseerd is en die gewigsverlies ook probleme kan veroorsaak. Persone wat aan hoë uriensuur ly en jig ontwikkel, moet baie stadig gewig verloor aangesien die gewigsverlies nog meer uriensuur in die bloed vrystel. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Om meer te lees oor die dieetbehandeling van jou 2 toestande, klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n Soektog vir die artikel 'NEW DIETARY RECOMMENDATIONS FOR GOUT', wat inligting oor hierdie toestand verskaf. Terwyl jy op die 'Diet & Nutrition' Webwerf is, klik op 'Allergy & Intolerance' en lees die artikels oor koringallergie en glutenintoleransie. Nadat jy die artikels gelees het, sal jy besef hoekom ek aanbeveel dat jy verkieslik 'n dieetkundige moet raadpleeg om jou te help om jou pad deur al hierdie verbode kosse te vind en ook nog gewig te verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement