advertisement
Question
Posted by: LIZZ | 2008/11/25

Dieet Pille

More,
Kan jy asseblief vir my se wat is die beste eetlusdemper of dieet pil wat n dokter kan voorskryf. Ek het 2 maande om tussen 8 en 10kg te verloor. Ek doen kantoor werk en sit dus baie en doen nie veel ander oefening nie.

Kan jy dalk n goeie dieetplan ook aanbeveel.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizz
Ek is persoonlik gekant teen die meerderheid dieetpille omdat dit sulke negatiewe newe-effekte het, veral verslawing (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight Loss' en 'Diet Detective' om te lees oor die newe-effekte van verslankingspille. Die enigste medikasie wat ek kan aanbeveel is Xenical wat verhoed dat mens die vet in die dieet absorbeer. Gesels met jou mediese dr daaroor want dit moet deur 'n dr voorgeskryf word. Kombineer die Xenical met 'n baie-lae-vet-, hoë-vesel verslankingsdieet. Jy kan die dieet op hierdie Webwerf probeer. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir so 'n dieet. Al sit jy bedags in 'n kantoor, moet jy probeer om een of ander soort aërobiese oefening elke dag te doen vir 30 of meer minute as jy beplan om tot 10 kg in 8 weke te verloor. Flink stap en touspring is seker 2 van die beste soort aërobiese oefeninge wat jy kan doen sonder om by 'n gimnasium aan te sluit.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement