advertisement
Question
Posted by: Lin | 2012/05/16

Dieet om swanger te raak

Goeie dag,

Ek het al voorheen vir jou geskryf oor die feit dat ek die afgelope jaar ongeveer 8 kg opgetel het - van 46kg tot 54kg. Ek het soortvan vrede gemaak daarmee, omdat ek besef dis vir my eie bes wil/gesondheid. My BMI is tans 18.2 (ek weeg 54kg en is 1.7m lank). Ek en my man het besluit om te probeer swanger raak aan die einde van die jaar - dis ook deel van die rede hoekom ek my gewig aanvaar het.

Ek wil graag weet - as iemand wat nie rooivleis eet en min vis en hoender eet, hoe kan ek sorg dat ek optimaal eet om swanger te raak? Ek oorweeg dit om Sportron se prenatal pack te gaan gebruik - ken u dit en wat is u opinie daaroor?

Ek sal u raad baie waardeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Ek is bly om te verneem dat jou BMI nou te minste 18.2 is pleks van 15.9, noudat jy wil swanger raak. Dit is regtig vir jou eie beswil en dié van jou toekomstige kind (kinders) baie belangrik. Ek dink dat die produkte wat deur Sportron gemaak word, oor die algemeen goed is en dat jy sal baat vind by hulle 'Prenatal pack'. Die belangrikste voedingstowwe vir 'n vrou wat wil swanger raak en haar liggaam vir swangerskap wil voorberei, is goeie-gehalte proteïen, essensiële vetsure soos omega-6 en omega-3, foliensuur (om spina bifida by die baba te voorkom), yster om bloedarmoede te bekamp, sink en kalsium (om te sorg dat jou eie skelet nie skade ly nie, en dat jy 'n kalsiumstoor het wat ook toereikend vir jou baba sal wees om sterk bene en tande te vorm voor geboorte). Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Eating throughout life' en dan op 'Pregnancy' en lees die artikels oor swangerskap en voeding.
Sukses met die swangerskap
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/05/16

Beste Lin
Ek is bly om te verneem dat jou BMI nou te minste 18.2 is pleks van 15.9, noudat jy wil swanger raak. Dit is regtig vir jou eie beswil en dié van jou toekomstige kind (kinders) baie belangrik. Ek dink dat die produkte wat deur Sportron gemaak word, oor die algemeen goed is en dat jy sal baat vind by hulle 'Prenatal pack'. Die belangrikste voedingstowwe vir 'n vrou wat wil swanger raak en haar liggaam vir swangerskap wil voorberei, is goeie-gehalte proteïen, essensiële vetsure soos omega-6 en omega-3, foliensuur (om spina bifida by die baba te voorkom), yster om bloedarmoede te bekamp, sink en kalsium (om te sorg dat jou eie skelet nie skade ly nie, en dat jy 'n kalsiumstoor het wat ook toereikend vir jou baba sal wees om sterk bene en tande te vorm voor geboorte). Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Eating throughout life' en dan op 'Pregnancy' en lees die artikels oor swangerskap en voeding.
Sukses met die swangerskap
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement