advertisement
Question
Posted by: brakenjan | 2010/01/14

Dieet na holday

EK is 28 jarige man. Weeg nou 83. Is bietjei onder gewig.Ek is 1.9m lank. EK is baie maar maar het recently n groot maak ontwikkel.Nou ek eet nie baie healthy nie ek weet.Nie gemors kos nie want daar is nie geld daarvoor nie.Meestal brood.Nou hoor ek as ek te veel brood eet sal dit jou laat gewig aansit.Natuurlik op verkeerde plekke.Sit net gewig aan op die middel lyf.In plaas van my hele lyf.Maar nou ja. Ek wil gewig oiptel maar nie net daar nie maar dit is ' n heel ander topic daardie.My vraag is moet ek brood uitsny?Is dit die oorsaak.Kan ek brood replace met provitas.Is daar iewers ' n dieet wat ek kan volg.Ekke is USELESS met kosmaak en bly op my eie.Thanks

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Brakenjan
Jou huidige BMI = 23 wat mooi normaal is vir 'n man, dus hoef jy jou nie te bekommer om ekstra gewig op te tel nie. Brood en ander sg. koolhidrate sal jou nie vet maak nie (dit bevat immers net 16 kJ per gram), maar die vette wat gewoonlik by brood en ander koolhidrate gevoeg word soos margarien, mayonnaise, room, ens (dit verskaf 37 kJ per gram - dus baie meer energie), sal wel bydra tot gewigstoename. Die feit dat jy sg. 'abdominale vetneerslae' op jou buik ontwikkel, is tipies vir mans (vrouens neig om vet op hulle boude, heupe en borste te akkumuleer), en dit word gewoonlik gekoppel aan die inname van bier. Drink jy bier of ander alkohol (alkohol bevat 29 kJ/gram en kan mens baie gewig laat aansit, veral op die maag)? Indien wel, sal ek aanraai dat jy jou bier inname halveer en sorg dat jy nie elke dag bier drink nie. Jy kan 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet')gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min touspring. Dan sal dit ook help om oefeninge te doen wat jou maag teiken (bv. "sit-ups"). Begin met 10 per dag en doen meer soos jy sterker word.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: ydengihknor | 2011/01/26

Reply to ydengihknor
Posted by: DietDoc | 2010/01/14

Beste Brakenjan
Jou huidige BMI = 23 wat mooi normaal is vir 'n man, dus hoef jy jou nie te bekommer om ekstra gewig op te tel nie. Brood en ander sg. koolhidrate sal jou nie vet maak nie (dit bevat immers net 16 kJ per gram), maar die vette wat gewoonlik by brood en ander koolhidrate gevoeg word soos margarien, mayonnaise, room, ens (dit verskaf 37 kJ per gram - dus baie meer energie), sal wel bydra tot gewigstoename. Die feit dat jy sg. 'abdominale vetneerslae' op jou buik ontwikkel, is tipies vir mans (vrouens neig om vet op hulle boude, heupe en borste te akkumuleer), en dit word gewoonlik gekoppel aan die inname van bier. Drink jy bier of ander alkohol (alkohol bevat 29 kJ/gram en kan mens baie gewig laat aansit, veral op die maag)? Indien wel, sal ek aanraai dat jy jou bier inname halveer en sorg dat jy nie elke dag bier drink nie. Jy kan 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet')gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min touspring. Dan sal dit ook help om oefeninge te doen wat jou maag teiken (bv. "sit-ups"). Begin met 10 per dag en doen meer soos jy sterker word.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.