advertisement
Question
Posted by: nicci | 2009/07/21

dieet en gym

ek is 36 1.78 weeg 76kg ek gym 5 soms 6x per week en sukkel om gewig af te bring na waar ek dink dit moet wees. ek het n biokenetikus gesien my vet persentasie was 28 na 8weke was dit 22% wat seker goed is?

Ek eet voor gym n sny volgraan roosterbrood met n dun sny kaas middag ete saam kinders gewoonlik toast broodjie met ham en tamatie en dan vnaand saam gesin bv n klein gekookte aartappel en vleis vis of hoender met groente, vannaand teen slaapty is ek weer honger!!

wil noem dat ek n jaar terug 94kg geweeg het en glo my ek wil nie weer!!!

my gewig wil eenvoudig nie af nie al gym ek en ek bly vet voel ai toggie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nicci
Eerstens moet ek jou gelukwens met die verlies van daardie 18 kg - jy is 'n blink ***ster***. Jou huidige BMI is 24 wat alreeds mooi binne die normale reikwydte val. Om 'n ideale BMI van 22 te bereik, behoort jy 70 kg te weeg, dus nog net 6 kg om te verloor. Die feit dat jy jou liggaamsvet% van 28% tot 22% verlaag het met oefening, is ook wonderbaarlik aangesien die normale liggaamsvet% vir volwasse vrouens, wat nie top atlete is nie, gemiddeld 24% is. Ek dink dat jy tans sukkel met die probleem dat spiermassa ironies meer weeg as vetmassa! Dit is moontlik dat die strawwe oefening van die afgelope 8 weke, jou spiere baie opgebou het en dat jy dus baie vet verloor het (soos aangedui deur die verbetering in jou liggaamsvet%), maar geen kilogramme nie. Wat jy nou behoort te doen, is om aan te hou met die oefening en 'n gebalanseerde dieet (want die dieet wat jy beskryf is nie juis gebalanseerd nie, bv. dit bevat te min vetvrye melk, jogurt of maaskaas om te verseker dat jy wel 1000 mg kalsium per dag inneem - jy het dit nodig om jou skelet gesond te hou en osteoporose af te weer. Daarbenewens moedig kalsium gewigsverlies aan). Kombineer jou oefening met 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' and 'Slimming Diet'), en jy sal weer begin gewig verloor. Hoe nader jy aan jou ideale gewig kom, hoe stadig is die proses. Mens moet dus moed hou en volhard.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: SK | 2009/07/21

Beste Nicci

Goeie raad: Hou op om jouself te weeg! Ek het dieselfde probleem gehad, myself ophou weeg en voel nou eerder my gewigsverlies aan my klere en mense se komplimente! Onthou ook dat jy eerder gewig(spiere) sal optel as jy weerstand oefening e doen.

Reply to SK

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement