advertisement
Question
Posted by: Fia | 2010/11/28

Dieet-Diabetes

Ek is pas gediagnoseer as diabeet tipe 2. Ek gebruik medikasie, maar moet definitiewe leefstylaanpassings ook maak en verseker by my dieet begin. Ek het gaan oplees op die internet, maar daar is so ''n geweldige klomp inligting beskikbaar dat ek skoon deumekaar voel daarvan. Kan u vir my kortlik sê  wat die mees belangrikste riglyne is tov van dieet, bedoelinde watter kossoorte ek moet vermy, en waarvan ek meer moet eet.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Fia
Ek is jammer om te verneem dat jy met tipe 2 diabetes gediagnoseer is. Jy kan egter besonder baie aan die toestand doen deur jou medikasie te gebruik, 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet te gebruik en daagliks te oefen (bv. flink stap in die vars lug). Soos jy nou al agtergekom het, is daar baie inligting oor die toestand beskikbaar, maar dit neig om besonder verwarrend te wees. Ek sal jou aanraai om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek aangesien jy 'n individuele dieetvoorskrif nodig het wat al jou individuele faktore in ag neem (ouderdom, soort diabetes, medikasie, gewig, ens). Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal ook vir jou help om die lae-vet, lae-GI-dieet te gebruik aangesien dit veral aan die begin aanpassings in jou eetgewoontes verg. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp. Terwyl jy op 'DietnFood' is, klik ook op 'Food as medicine' en 'Type 2 diabetes'. Soos genoem kan gereelde daaglikse oefening (soos flink stap, touspring, swem of fietsry of deelname aan Walk for Life) vir ten minste 30 min per dag, ook baie help om jou insulienvlakke te verbeter.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Benjamin Marini | 2010/12/03

Could you kindly advise best way to reduce sugar level .
regards Ben

Reply to Benjamin Marini
Posted by: DietDoc | 2010/11/28

Beste Fia
Ek is jammer om te verneem dat jy met tipe 2 diabetes gediagnoseer is. Jy kan egter besonder baie aan die toestand doen deur jou medikasie te gebruik, 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet te gebruik en daagliks te oefen (bv. flink stap in die vars lug). Soos jy nou al agtergekom het, is daar baie inligting oor die toestand beskikbaar, maar dit neig om besonder verwarrend te wees. Ek sal jou aanraai om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek aangesien jy 'n individuele dieetvoorskrif nodig het wat al jou individuele faktore in ag neem (ouderdom, soort diabetes, medikasie, gewig, ens). Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal ook vir jou help om die lae-vet, lae-GI-dieet te gebruik aangesien dit veral aan die begin aanpassings in jou eetgewoontes verg. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp. Terwyl jy op 'DietnFood' is, klik ook op 'Food as medicine' en 'Type 2 diabetes'. Soos genoem kan gereelde daaglikse oefening (soos flink stap, touspring, swem of fietsry of deelname aan Walk for Life) vir ten minste 30 min per dag, ook baie help om jou insulienvlakke te verbeter.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.