advertisement
Question
Posted by: Anon | 2010-10-12

Dieet as Medisyne

Hi, ek wil baie graag advies he om my dogter te help om kalm te wees, veral gedurende eksamentyd. Sy is net 10jaar oud en raak Des.2010, 11 jaar en in graad 5. In graad 2 het die juffrou baie op haar geskree en was oor die algemeen baie streng. My dogter het maagpyne begin kry, toe was sy deur ''''n gp gediagnoseer met maagsenuwees. Aan die einde van die jaar het ons van die Ooskaap na die Weskaap verhuis, alles was ok, of altans ek dink so. Nou gedurende die Sept. eksamen het sy sommer v/d begin af met hoofpyne begin en ook agter by haar nek af tot aan die einde v/d eksamen (na 2 weke). Somtyds huil sy van die pyn en eendag toe het die skool haar huistoe gestuur agv die hoofpyn. Ek het vir haar ''''n halwe rescue pil (Natura) gegee as dit baie erg was, maar ek wil nie aanhoudend vir haar dit gee nie, kan u asb. iets natuurliks voorstel. Toe die skool nou heropen het toe kla sy weer van maagpyn vanaf die aand tevore tot a/d einde v/d eerste dag. As ek raas met haar dan kry sy die hoofpyne. Sy is ''n baie sensitiewe kind en het ''n 8jarige boetie wat baie kan terg. Kan u iets voorstel wat ek in haar dieet kan verander? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Dieet as Medisyne
Die probleem van 'n sensitiewe kind wat deur haar onderwysers mishandel en haar boetie geterg word en dus aan erge angs en spanning ly wat as maagpyn en hoofpyn manifesteer, is nie iets wat mens net met 'n pil of kruiemiddel of 'n dieet kan reg maak nie. Dit is uiters belangrik dat jy jou liewe dogter na 'n kindersielkundige moet neem sodat die sielkundige vir die kind kan help om haar probleme meer proaktief te hanteer. Indien sulke kinders nie op 'n vroeë ouderdom deskundige hulp ontvang nie, kan hulle aan uitgesproke angs en depressie begin ly. Laat haar dus asb nou al ondersoek en behandel deur 'n sielkundige om hierdie probleme uit die weg te ruim sodat dit nie met die jare al hoe erger word en later haal hele akademiese loopbaan en haar lewe verwoes nie. Kinders van so jonk as 5 jaar presenteer deesdae met simptome van stres en depressie, asook fisiese simptome van maagswere en prikkelbare dermsindroom. Wat die dieet aanbetref, behoort jou dogter 'n gebalanseerde dieet in te neem en moontlik 'n vitamien- en mineraalsupplement soos Cusivol Stroop, plus Salmolie kapsules om haar omega-3-inname op te stoot. Omega-3 vetsure is veral belangrik vir die gesonde funksionering van die senuwees.
Maar neem jou dogter so gou as moontlik vir pediatriese sielkundige terapie sodat sy die res van haar skoolloopbaan en moontlik ook haar tersiêre studies normaal kan hanteer, sonder hierdie stres en angs en die gepaardgaande fisiese simptome.
Ek hou styf duim vas vir jou dogter, want dit is 'n baie moeilike situasie vir 'n kind om te hanteer en sy het beslis nou deskundige hulp nodig.
Ek hou styf duim vas vir jou dogter want dit is 'n baie moeilike situasie vir 'n kind om te hanteer.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-10-13

Beste Dieet as Medisyne
Die probleem van 'n sensitiewe kind wat deur haar onderwysers mishandel en haar boetie geterg word en dus aan erge angs en spanning ly wat as maagpyn en hoofpyn manifesteer, is nie iets wat mens net met 'n pil of kruiemiddel of 'n dieet kan reg maak nie. Dit is uiters belangrik dat jy jou liewe dogter na 'n kindersielkundige moet neem sodat die sielkundige vir die kind kan help om haar probleme meer proaktief te hanteer. Indien sulke kinders nie op 'n vroeë ouderdom deskundige hulp ontvang nie, kan hulle aan uitgesproke angs en depressie begin ly. Laat haar dus asb nou al ondersoek en behandel deur 'n sielkundige om hierdie probleme uit die weg te ruim sodat dit nie met die jare al hoe erger word en later haal hele akademiese loopbaan en haar lewe verwoes nie. Kinders van so jonk as 5 jaar presenteer deesdae met simptome van stres en depressie, asook fisiese simptome van maagswere en prikkelbare dermsindroom. Wat die dieet aanbetref, behoort jou dogter 'n gebalanseerde dieet in te neem en moontlik 'n vitamien- en mineraalsupplement soos Cusivol Stroop, plus Salmolie kapsules om haar omega-3-inname op te stoot. Omega-3 vetsure is veral belangrik vir die gesonde funksionering van die senuwees.
Maar neem jou dogter so gou as moontlik vir pediatriese sielkundige terapie sodat sy die res van haar skoolloopbaan en moontlik ook haar tersiêre studies normaal kan hanteer, sonder hierdie stres en angs en die gepaardgaande fisiese simptome.
Ek hou styf duim vas vir jou dogter, want dit is 'n baie moeilike situasie vir 'n kind om te hanteer en sy het beslis nou deskundige hulp nodig.
Ek hou styf duim vas vir jou dogter want dit is 'n baie moeilike situasie vir 'n kind om te hanteer.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.