Expert's Reply
A.
DietDoc
Beste Estelle
Ek dink jy verwys na die Grotman Dieet, wat gegrond is op die beginsel dat ons behoort terug te keer na die eetgewoontes van ons voorouers toe hulle nog in grotte gewoon het. Dit beteken dat jy net hoë-vesel, onverfynde heel grane, vars groente en vrugte, wildsvleis, vis, eiers en heuning kan eet en alle geprosesseerde kosse moet vermy. So 'n dieet sal dus jou inname van vet baie verminder en dus jou energie-inname aansienlik verlaag wat dan waarskynlik tot gewigsverlies sal lei. Onthou net om 'n kalsiumaanvulling te neem indien jy geen melk of melkprodukte eet nie.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal
advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or person harm you may suffer resulting from making use of this content.