advertisement
Question
Posted by: Kirstie | 2009-10-15

Dieet

Goeie dag doc! Ek wil baie graag weet hoeveel calories ek per dag moet eet? Ek is 159m en weeg 95kg, ek is baie oorgewig en is vir 4 weke op duromine en oefen vir 25 minute op ' n elliptical, dan doen ek maag oefening, spring sommige dae tou en oefen ook my arms met 2.5kg gewigte. Ek oefen elkedag as ek kan maar party dae kry ek nie tyd nie. Vir 4 weke het ek omtrent 6 dae geskip. Is dit genoeg om my gewig te laat verloor? Wat ek ook graag wil weet: Moet ek al die caloriee wat ek per dag inkry verbrand om gewig te verloor? Vir die 4 weke het ek nog net 4.2kg verloor wat vir my baie min is. Ek eet ook gesond(maar nie 3 keer ' n dag nie, net 2) en drink 1.5 - 2l water ' n dag. Ek verloor glad nie in cm' s nie. Is daar iets wat ek verkeerd doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Kirstie
Algemeen gesproke, word dit aanbeveel dat dames wat gewig wil verloor, hul energie-inname tot 1500 kcal per dag (6300 kJ) beperk. Aangesien jou huidige BMI = 37,5 is, sal dit goed wees om stadig, maar bestendig gewig te verloor. Wat jy alreeds reggekry het, naamlik 'n verlies van 1 kg per week, is uitstekend! As jy so kan aanhou, sal jy wel progressief gewig verloor. 'n Te vinnige gewigsverlies kan, probleme inhou. Dit is nie nodig om al 1500 kcal per dag deur jou oefening te verbrand nie. Jou liggaam het tog ook energie nodig vir al die prosesse wat gedurig plaasvind soos asemhaling, handhawing van liggaamstemperatuur, ens. Die oefening brand ekstra energie bo en behalwe jou liggaam se daaglikse behoefte en sal help om die gewigsverlies aan te help en ook om jou liggaam ferm te maak en spiere te ontwikkel. Onthou tog dat dit tyd vat om gewig op te tel en net so veel tyd vat om dit weer te verloor.
Hou aan met die goeie werk
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009-10-16

Beste Kirstie
Algemeen gesproke, word dit aanbeveel dat dames wat gewig wil verloor, hul energie-inname tot 1500 kcal per dag (6300 kJ) beperk. Aangesien jou huidige BMI = 37,5 is, sal dit goed wees om stadig, maar bestendig gewig te verloor. Wat jy alreeds reggekry het, naamlik 'n verlies van 1 kg per week, is uitstekend! As jy so kan aanhou, sal jy wel progressief gewig verloor. 'n Te vinnige gewigsverlies kan, probleme inhou. Dit is nie nodig om al 1500 kcal per dag deur jou oefening te verbrand nie. Jou liggaam het tog ook energie nodig vir al die prosesse wat gedurig plaasvind soos asemhaling, handhawing van liggaamstemperatuur, ens. Die oefening brand ekstra energie bo en behalwe jou liggaam se daaglikse behoefte en sal help om die gewigsverlies aan te help en ook om jou liggaam ferm te maak en spiere te ontwikkel. Onthou tog dat dit tyd vat om gewig op te tel en net so veel tyd vat om dit weer te verloor.
Hou aan met die goeie werk
DietDoc

Reply to DietDoc
Posted by: Johan | 2009-10-15

Moenie maaltye oorslaan nie. Jy moet ontbyt eet sodat jy nie deur die dag honger word nie. Liewer kleiner porsies.

Mooi! jy 4.2 kg verloor. Hou so aan.

Reply to Johan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement