advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/11/21

Dieeet, oefening en siekte

Goeie mô re dokter

Ek voel aaklig vanoggend. Behalwe dat ek griep het, en nie vannaand kan gaan oefen nie, het ek erg van die regte pad af gedwaal die afgelope naweek. Gas koeldranke, chocolates, ''n pie, chips, nachos...

Hoe nou gemaak? Ek is siek en kan nie gaan oefen nie. Ek bly dors en lus vir lekkernye.

En is daar enige oefeninge wat ek dalk kan aanpak terwyl ek siek is?

Ek voel sommer erger vandag oor die naweek se sleg eet en hartseer en kwaad omdat dis letterlik 3dae en jou hele maand se goeie eet patroon en roetine is in die water.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Ek is baie jammer om te hoor dat jy griep het. Pas jou mooi op, rus (moenie oefen nie), drink vloeistowwe soos water, verdunde vrugtesap, of ys-tee, en voeg ysblokkies by om jou af te koel as jy koorsig is. Nou die "oortreding" - moet asb nie nou depressief raak oor die feit dat jy vir 3 dae oor die tou getrap het nie. Ja, dis nie perfek nie, maar wie op aarde is altyd perfek? Niemand nie. En jy het nie jou hele maand se goeie eetpatroon vernietig nie. Wees asb nou verstandig. Pas jou goed op en gaan sien 'n dokter indien die griepsimptome erger word - mens moet altyd vir jouself versorg as jy griep het aangesien mens nie nadraaie wil hê nie. Wanneer jy heeltemal herstel het, dan kan jy weer na Curves terugkeer en begin oefen. As jy nou gedurig tob oor die oortreding, sal jy baie slegter voel, langer vat om te genees en ook meer streshormone produseer wat jou gewig negatief kan beïnvloed.
Ek wens jou alles van die beste toe vir 'n spoedig herstel - dan pak ons weer dinge aan
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/11/21

Beste Helena
Ek is baie jammer om te hoor dat jy griep het. Pas jou mooi op, rus (moenie oefen nie), drink vloeistowwe soos water, verdunde vrugtesap, of ys-tee, en voeg ysblokkies by om jou af te koel as jy koorsig is. Nou die "oortreding" - moet asb nie nou depressief raak oor die feit dat jy vir 3 dae oor die tou getrap het nie. Ja, dis nie perfek nie, maar wie op aarde is altyd perfek? Niemand nie. En jy het nie jou hele maand se goeie eetpatroon vernietig nie. Wees asb nou verstandig. Pas jou goed op en gaan sien 'n dokter indien die griepsimptome erger word - mens moet altyd vir jouself versorg as jy griep het aangesien mens nie nadraaie wil hê nie. Wanneer jy heeltemal herstel het, dan kan jy weer na Curves terugkeer en begin oefen. As jy nou gedurig tob oor die oortreding, sal jy baie slegter voel, langer vat om te genees en ook meer streshormone produseer wat jou gewig negatief kan beïnvloed.
Ek wens jou alles van die beste toe vir 'n spoedig herstel - dan pak ons weer dinge aan
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.