advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2009/11/19

Die funksie van die Lewer

Hallo Dok,

My Ma is ' n volslae alkolis al vir die afgelope 30 jaar +. Sy wil nie gehelp word nie en glo nie dat daar regtig fout is met haar nie, alhoewel sy nie meer kos kan inhou of normaal kan loop nie. Ek het vir haar ' n afspraak gemaak by ' n Internis en die uitslag was dat a.g.v. die alkohol, is haar lewer baie erg beskadig. Die Dokter het gese sy mag nie weer haar mond aan drank sit nie, maar ongelukkig weet ek dat dit WEEREENS op dowe ore sal val, want as iemand nie gehelp wil word nie - soos hul se, waar daar ' n wil is, is daar ' n weg, wel in hierdie geval is daar nie ' n wil nie. Die Dokter wou haar opneem, maar my Ma het geweier. Sy het vir haar medikasie voorgeskryf. Dokter, in kort, wat beteken dit as jou lewer nie meer kan funksioneer nie???
Baie dankie, groete!
Nadia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nadia
Hulle kry gewoonlik lewerversaking - met geelsug, erge jeukerige vel as gevolg van neerslag van bilirubien in die vel, bloedingsneigings, swelling omdat die lewer nie meer proteien kan maak nie, opgeswelde maag, naarheid. Uiteindelik gaan hulle in 'n koma omdat die lewer nie meer gifstowwe kan afbreek nie.
Sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Charlotte | 2014/08/26

Halo. Ek was by die dokter en sy het vir my gese sy sien dat daar fout is met my lewer. Ek gebruik nie alkohol nie, want sy se dit is kafieen. Ek weet ek drink baie koeldrank veral coke op n daaglikse basis. En sy se ook dat daar baie bloed in my urien is. Wat kan dit wees ek raak bekommerd, en ek is nog baie jonk?

Reply to Charlotte
Posted by: Elmarie | 2014/04/29

My broer lê op die stadium in die hospitaal met geelsug agv sy drankmisbruik. Sy lewer is reeds verhard en het die Dr paar maande terug al gesê hy moet ophou drink anders gaan hy dit nie maak nie. Hulle is besig om hom te laat onttrek. Hy is Woensdag laas week opgeneem en het hulle Donderdag begin. Hulle hou hom nog steeds onder verdowing en hy is vasgemaak!!!!

Reply to Elmarie
Posted by: Lenada | 2014/02/01

More dokter Ek sukkel al vir jare met my 'maag' wel ek sê my maag maar vandag wonder ek of dit nie my lewer is nie! Rook nie, drink baie min! Aanhoudende ,permanente pyn (drukking) op die krop van my maag. reg onder my borsbeen in middel. Ek kan gladnie daaraan raak,voel asof iemand jou wind uitslaan as hard daar gedruk word! Was al by so baie dokters,die 1 sê dis maagvliese wat onsteek is, die ander soek heeltyd vir maagsere! medikasie verlig effens maar vat nie problem weg! Ek was by n homopaat in Potch so jaar terug oor my maag! Hy sê hy sien wel daar fout op n sekere plek van die maag,hy tel toe 1ste op van my lewer, my lewer lyk baie swak! Ek so maand terug begin met hardkloppings.. Sukkel van tyd tot tyd met n gevoel dat ek vir alle kosse gril! (Dit kom en gaan)naarheid gaan met dit gepaart! Spastiese dikderm het ek wel, hardlywig is ek nie.Met derm wat wel spasties is gaan maag nie gereeld! Ek was so week terug vir n aambei operasie, eweskielik met dit begin gesukkel! Dr het sommer n gastroskopie gedoen ,net weer om te hoor daar geen maagseer nie! Hoekom ek NOU bekommerd is, die naarheid stop nie, al vir meer as n week naar, die gegril vir kos raak erger! voel koorsig! kan dit my lewer wees, dit baie erger na die aambei operasie.. 32 jaar oud Historektomie gehad. Baie dankie,ek wag op u antwoord

Reply to Lenada
Posted by: Eugene | 2009/11/20

Vra die dokter of jou ma op Milk Thistle kan gaan. Dis ' n krui wat uitstekende lewergenesende eienskappe het en ook matige beskerming bied teen toksienes in die lewer.

Reply to Eugene
Posted by: Johan | 2009/11/19

As jou lewer nie meer werk nie gaan jy dood.
Dit is wat ons se die persoon het hom dood gedrink!
Jammer jong.

Reply to Johan
Posted by: cyberdoc | 2009/11/19

Hallo Nadia
Hulle kry gewoonlik lewerversaking - met geelsug, erge jeukerige vel as gevolg van neerslag van bilirubien in die vel, bloedingsneigings, swelling omdat die lewer nie meer proteien kan maak nie, opgeswelde maag, naarheid. Uiteindelik gaan hulle in 'n koma omdat die lewer nie meer gifstowwe kan afbreek nie.
Sterkte!
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement