advertisement
Question
Posted by: NetEk | 2008-12-08

Die Dieet waarvan Almal Praat

hi almal,

het enige iemand al die dieet waarvan almal praat gevolg? ek wil graag so 5kg verloor en het gewonder of enige iemand vir my kan se of dit kan werk en hoe hul dit ervaar het?

baie dankie
NE

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste NetEk
'Die Dieet Waarvan Almal Praat" is 'n variasie is van die sg. 'Atkins Diet'. Hierdie soort diëte sny amper alle koolhidrate uit en laat die pasiënt net proteïene en vette eet. Dit is bekend dat mense wel baie gewig met sulke diëte verloor, maar dit is beslis nie gesond nie want dit stel jou bloot aan baie hoë vlakke dierevet wat sleg is vir hartsiekte en sekere soorte kankers. Die meerderheid mense kan ook nie volhou op hierdie dieet nie en as hulle dan terugkeer na normale eetpatrone, neig hulle om weer al die gewig weer op te tel. Basies kan mens net so veel gewig verloor met 'n gebalanseerde, hoë-vesel, lae-vet dieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'), en daaglikse oefening - dis goedkoper en beslis veiliger en meer gebalanseerd.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: ZZ | 2008-12-09

Kyk na Finesse Mag. se web bladsy. Daar is ' n " wonderdieet"  vir 21 dae en die hele gesin.
Jy sal mooi slank word op dit. Min kos.
Te min vir ' n man, ek sal dood!
Sterkte

Reply to ZZ
Posted by: Annie | 2008-12-09

Hi netek, ek het ook daai dieet gedoen op my 8ste week het ek in die hospitaal beland en n nood operasie gehad, het my galblaas en 12 galstene verwyder. Ek het niks vir die dokter gese van dieet, en hy se toe vir my "  mev jy eet te veel protiene dis hoekom dit gebeur"  en ja toe se ek vir die dok ek was op die dieet waarvan almal praat. Maar nie almal rieageer dieselfde nie. Sterkte

Reply to Annie
Posted by: rina | 2008-12-09

Ek het die dieet gevolg. Ek reken mens kan verskrillende reaksies van verskillende mense verwag. In my geval het ek wel 10kg verloor, maar teen watter koste? Ek het elke week my suiker en bloeddruk laat toets en na slegs een week van die dieet het my bloeddruk en cholestorol die hoogtes in gestyg terwyl ek nooit voorheen sulke probleme gehad het nie. Die opvallendste vir my van die dieet is die spierspasmas wat ek begin kry het. Ek kon nie meer as 200m loop nie voordat my kuit spiere begin saamtrek het nie. Ek dink wat jy moet doen is om op die HEART FOUNDATION se website na gesonde diete te gaan kyk wat jou baie gesonder die gewig sal help verloor. Groete, Rina

Reply to rina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement