advertisement
Question
Posted by: Naartjie. | 2010/02/18

Die been dan daai een.

Goeiedag! Net ' n vinnige vragie. Ek het vir ' n tyd lank, toe ek nog dik en swaar was, dooie gevoelens in my bobene gekry. Veral regs. Die dokter het gese dis ' n senuwee en niks om oor te kommer nie. Dieselfde gebeur nou met die linker een, maar nie die regter een nie. Die gevoel is dood maar dit juk vreeslik dieper ondertoe en ek moet hard krap vir verligting maar dan brand dit. Ek is nie meer so dik nie so is dit maar weer dieselfde ding? Die are sit ook vlak. Hulle is dik en blou en lyk soos ' n seester met 5 punte. Ek wil nie eers oor spatare praat nie. Ek is 35. Dan wil ek weet, hoekom gaan dokters so aan as daar protein in jou urine is? Wat beteken dit? Dis al een met my nes lae bloeddruk. Baie dankie vir dokter se tyd. Groete.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Naartjie
'n dooie gevoel in jou been is gewoonlik agv 'n senuwee wat erens vasknyp. Dit mag dalk help om fisio toe te gaan want baie keer is dit net 'n spierspasma in jou rug wat dit veroorsaak. As jy lelike spatare het moet jy dalk maar 'n vaskulere sjirurg gaan sien dat hulle dit verwyder/behandel, want op die lang duur gee dit probleme. Protein in jou urine laat mens altyd bekommer dat daar dalk niersiekte kan wees.
Sien http://kidney.niddk.nih.gov/kudiseases/pubs/proteinuria/
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/02/18

Hallo Naartjie
'n dooie gevoel in jou been is gewoonlik agv 'n senuwee wat erens vasknyp. Dit mag dalk help om fisio toe te gaan want baie keer is dit net 'n spierspasma in jou rug wat dit veroorsaak. As jy lelike spatare het moet jy dalk maar 'n vaskulere sjirurg gaan sien dat hulle dit verwyder/behandel, want op die lang duur gee dit probleme. Protein in jou urine laat mens altyd bekommer dat daar dalk niersiekte kan wees.
Sien http://kidney.niddk.nih.gov/kudiseases/pubs/proteinuria/
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement