advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/02/20

Diascan

Goeie mô re dokter

Ek was Vrydag vir ''n Diascan. Ek kry heelwat gemengde reaksies oor hierdie scan, maar ek wou weet of ek enige ernstige mediese kwale het sonder om duisende rande te moet spandeer.

My resultate was as volg:
Ek is allergies vir katte en aspirin,
Ek het nie IBS of enige derm probleme nie, behalwe vir ''n klein blasie in my dunderm.
Ek lei aan galblaas inflammasie (soos die een Dr in Des my gediagnoseer het)
Asook permanente nier en blaas infeksie (vernoude urien pyppie - was bewus hiervan)

DIe volgende kosse affekteer my:
wheat, corn, ertjies, waatlemoen, kaas, melk, eiers, vark, lam en vis vleisse en my skildklier was bietjie ooraktief (kan wees agv die vorige aand se sushi) maar sy het my aan geraai om skulp vis vir ''n maand te vermy.

Sy het my op ''n lae GI eetplan vir ''n maand gesit met homopatiese druppels om my te help detox. Ek moet ook 3L water per dag drink (uit gewerk volgens my gewig), en my hele maag storie is weens die gebrek aan probiflora. Ek moet nou 2 tablette 3 keer ''n dag drink.

As ek moet wheat en corn uit sny, watter ontbyt kosse kan ek gebruik? (dis net vir ''n maand) Sy het gesê  ek kan aanhou melk gebruik, want ons liggame kort kalsium (so ek eet nou baie yoghurt)

Enige terugvoering of artikels oor Diascan is welkom.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Goed om weer van jou te hoor. Ek kan ongelukkig nie oor die Diascan 'n opinie uitspreek nie, aangesien ek dit nog nie nagevors het nie. Ek vertrou dit is nie 'n foefie nie? Ek onthou dat ek 'n ruk gelede iets gelees het van een of ander 'ondersoek' wat kamstig op veranderings in die elektriese strome in die liggaam gebaseer is - dit is toe bewys as die grootse twak. Van die raad wat jy ontvang het, is natuurlik verstandig en ek kan nogal onthou dat ek ook vir jou voorgestel het dat jy 'n lae GI-dieet behoort te probeer. Maar die profeet in sy eie land word mos nie geëer nie! Ek is van mening dat die 3 liter water te veel is, maar dit is omdat ek bekommerd is dat jy elektrolietwanbalanse sal ontwikkel.
Sterkte met die nuwe regimen
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/02/20

Beste Helena
Goed om weer van jou te hoor. Ek kan ongelukkig nie oor die Diascan 'n opinie uitspreek nie, aangesien ek dit nog nie nagevors het nie. Ek vertrou dit is nie 'n foefie nie? Ek onthou dat ek 'n ruk gelede iets gelees het van een of ander 'ondersoek' wat kamstig op veranderings in die elektriese strome in die liggaam gebaseer is - dit is toe bewys as die grootse twak. Van die raad wat jy ontvang het, is natuurlik verstandig en ek kan nogal onthou dat ek ook vir jou voorgestel het dat jy 'n lae GI-dieet behoort te probeer. Maar die profeet in sy eie land word mos nie geëer nie! Ek is van mening dat die 3 liter water te veel is, maar dit is omdat ek bekommerd is dat jy elektrolietwanbalanse sal ontwikkel.
Sterkte met die nuwe regimen
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement