advertisement
Question
Posted by: Tania | 2010/03/31

Diarree?

Hallo Dr

Ek het die afgelope tyd, seker so vier weke al, redelike los stoelgange, amper soos diarree. Ek het nie normaalweg probleme soos hardlywigheid, ens nie en alles is normaal andersins. Wat kan fout wees, want dit gaan nou al n rukkie so aan en ek het dit nog nooit vantevore gehad nie?

Moet ek dokter toe gaan, of maar net wag en kyk of dit later regkom. Ek drink darem baie water so ek sal nie dehidreer nie, gelukkig is dit ook net eenmaal per dag wat ek toilet toe hoef te gaan daarvoor en nie baiekeer deur die dag soos met normale diarree nie.

Dankie Dr.

Tania

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Tania

Ek stel voor dat jy jou dokter konsulteer, sodat hy/sy bloed toetse en 'n stoelgang MC & S aanvra. Dit is moontlik dat jy 'n infeksie het wat die diarree veroorsaak. Re-hidrasie met 'n produk soos Rehydrate, sal voorkom dat jy nie elektroliet verlies kry nie. Konsulteer jou dokter so gou as moontlik.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement