advertisement
Question
Posted by: Magriet | 2009-03-15

diabetes - verstandelik gestremde

Ons 29jarige verstandelik gestremde seun met kardio miopatie is afgelope week ook met diabetes gediagnoseer. Hoewel hy redelik goed kommunikeer, wil hy nie oor sy gesondheid praat nie. Ek het probeer om diabetes te verduidelik en hoe dit met die regte voeding beheer kan word. Hy' s nie ' n kwaai outjie nie, maar is opstandig oor die maaltydplan. Die aanpassing van ons gesin se eetgewoontes is nie groot nie, aangesien ek redelik ingestel is op gesonde eetgewoontes. Die probleem lê  by sy eie aankope van snoepgoed (coke, chippies, ens). Help my asb oor hoe ek die kwessie met hom kan kommunikeer, sonder dat hy ervaar dat ek
hom wil ontneem van die vryheid om te kan kies. Sal dit help om hom na ' n sielkundige te neem of is dit op die terrein van arbeidsterapie? Baie dankie vir u aandag hieraan.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHandicap Expert

Magriet

Ek stel voor dat jy 'n sielkundige konsulteer oor hoe om hom te benader. Die lekkergoed wat hy koop is baie sleg vir sy diabetes. As mooi praat nie werk nie, sal jy ongelukkig moet streng optree.

Sterkte.

Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement