advertisement
Question
Posted by: nana | 2008/09/02

diabetes of nie...?

Goeienaand dokter, Ek is 55 jaar oud, vroulik, erg oorgewig, en nie baie gesond nie. Het voorheen long-emboliste gehad, daarna sukkel ek met longfunksie. Ly aan hoe bloeddruk waarvoor ek medikasie neem, en dit is onder beheer. Gebruik ook Lipitor vir cholestrol, en rythmol vir hartritme-beheer. Ek het n suikertoets-stelletjie, en neem my suiker redelik gereeld, dit is gewoonlik tussen 5 en 7. Ek het twee vrae:
1) Ek kry ongelooflike krampe snags - in my bene, my voete, voel my soms sommer my rug ook...is dit nagevolg van die lipitor (ek het so gehoor) en wat kan ek gebruiik v d krampe.?
2) Ek word snags wakker met n dors soos iemand wat reeds ontwater is...drink bottels water (minstens 500ml) per nag. Ek word partyker bewus daarvan dat ek oopmond slaap, veral as my neus toe is. Ek weet nie of dit die rede is nie?
Baie dankie, ek sien uit na u antwoord, dokter, en baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nana

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Lipitor kan definitief die krampe veroorsaak. Ek stel voor dat jy Slow Mg en Slow K supplementasie neem vir die krampe .

Dit is dalk 'n goeie idee om 'n glukose toleransie toets te laat neem, om vas te stel of jy diabetes het.

Terugvoering sal waardeer word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement